Friday, November 7, 2008

Stellenbosh die ultimate foto spot

Werner en Lelani in Stellenbosch getrou. Na ek en Iza geworstel het met parkering het ons n stampvol kerkie ingestap. Ds Cassie Carstens het gepreek en dit was lekker om hom en n ander paar ou vriende raak te loop.

Na ons vinnig n paar familie foto's voor die mooiste ou kerkdeur geneem het, is ons na onder-papegaai berg toe om met hulle couple foto's te begin.Daar is die coolste BMX baan daar onder sulke hoe bome. Die voordeel is dat die beligting goed is en ons het spasie. Ek het ook die mooiste sonlig gehad wat deur die bome gekom het. Die paartjie is baie fotogenies en hulle was so gemaklik voor die kamera.

Van daar af is ons na Bosmans Crossing waarek die mooiste ou muur ontdek het. Dit het die foto's n baie "urban" feel gegee. Ek is so spyt ons het nie meer tyd daar gehad nie.

By die onthaal gekom, sien ek grootste dansbaan wat ek nog gesien het nie. Die twee het omtrent daai dansvloer aan die brand gedans en die gaste was nie ver agter nie.
Loer gerus na die foto's. Click op die opskrif.

No comments: