Monday, January 19, 2009

2009, nuwe jaar en nuwe dinge

2008 het omtrent vinnig verby gevlieg. Ek dag dis winter en eweskielik is Desember verby. Dit was omtrent n besige jaar. Klomp nuwe dinge geleer en idees opgetel. Nuwe toerusting aangekoop asook bietjie begin network met meer fotograwe.

Ek is baie opgewonde oor die rigting waarheen troufotografie beweeg. Dis amper asof my kolegas almal nuwe potensiaal sien. Met soveel nuwe info en inspirasie van ander fotografie industries kan ek nie was om terug te kyk oor 2009 en te sien waarheer ons gegroei het nie.

Die blog wat ek hierdie jaar begin het, was ook verrassend aangenaam. Ek wens net ek het bietjie meer tyd gehad om te kon skryf. Ek hoop julle het darem nut uit dit uitgekry en darem bietjie die stories agter die couples gelees.

Toe ek vandag op Cape Weddings gaan toe sien ek VYF bruide by Nov/Dec van my waarvoor julle kan stem. Gaan loer asb na hulle fotos en stem, stem,stem.
Dankie vir julle almal se ondersteuning die jaar. Die was onvergeetlik. Hoop ek loop julle erens op n troue raak.Voorspoedige 2009!!!

Oor en uit.

Die Kaap en sy weer - 29 Dec 2008

Ek en Iza is vroegmiddag deur die PAarl tonnel oppad Rawesonville toe. Half bekommerd dat ons gaan doodgaan van die hitte, het ons ons heeltemal misgis met die weer. Nie eers amper het dit deur my gedagtes gegaan dat dit dalk kan reen nie. Op die einde moes die arme gaste omtrent bontstaan met my wat n groepsfoto wou neem en die reen wat ons bly terg.

Chris en Monique het by die moedegemeente in RAwsonville getrou en hulle onthaal was op die "Du Preez" landgoed. Hulle het die mooiste tent buiteop die gras gehad en dit was omtrent idilies.
Hulle troue was ook eers 17:30 so ons moes wikkel met hulle fotos. Met die dat die son agter die berg gesak het, was die lig baie egalig en gelyk. Die twee was so gemaklik voor die kamera so my werk was baie maklik gewees. Die twee gee tans onderwys in London en ek dink dit was vir hulle baie lekker om tussen op Afrika gronde se wynlande te trou. Sien hulle fotos hier

Dit was ook ons laaste troue van die jaar en dit was n absolute verrassing om vir Dennis en Recia raak te loop. Hulle was my eerste troue van 2008 en die beste van alles is dat hulle n seuntjie verwag. Dennis dink daar is dalk magic in my kamera. (Ek hoop so...)

Al daai Jazz - 15 Dec 2008

Ek en Iza was heel op tyd om vir Anelle af te neem. Toe ons by die hotel/lodge aankom waar sy aantrek stuur hulle ons eers in n verkeerde rigting.Na ons omtrent 20 minute gesoek het, kom ek uiteindelik agter daar trek SES bruide aan op die perseel. UITEINDELIK!! stuur hulle my in die regte rigting.
By Anelle aangekom is sy die rustigheid en fun vanself. So rustig soos n mielieblaar.

Sy en Marius het by LA Brassiere onder die bome getrou. Hulle onthaal was ook daar. Marius het sy gewrig seergemaak en moes toe met n handstut trou. Hom definitief nie later met fototyd gepla nie. Met hulle couplefotos moes ek omtrent vir hulle aandag veg. Hulle het seker 10 000 inside jokes gehad en ek dink nie hulle het eers geweet van my nie. Dis natuurlik n fotograaf se droom.
Ek was weer op die dak van gebou om die groot groepsfoto te neem. Dis darem altyd n wenner.
Anelle se pa was ook deel van die Jazz band by die onthaal. Nie lank nie toe sluit Anelle op die stage aan by hulle en slaan sy omtrent almal se asem weg met haar stem.
Die troue was ons 4de een vir die "combo naweek". Ek het gedink ons gaan baie moeg en uitgeput wees, maar ons was gerevitelise. Nie deur red bulle nie, maar deur een flippen lekker troue!

Sien hulle fotos.

Saterdag die 13de...

13 December... populerste Saterdag in die jaar. Ek het seker letterlik 30 bruide weggewys vir hierdie datum. Kelly en Michael het my omtrent 14 maande vooruit geboek.

Die dag het lekker rustig begin. Erens met die inpak sit ek toe mos my foon op my kar se dak en toe ek in Durbanweg opry oppad troue toe, verspry ek my foon oor Durbanville se strate...

Met my bankkaarte wat in die week gestop is het die dag nie goed begin nie.

Gelukkig was Southill en Aleit en sy span gereed vir aksie. Diè was voorwaar en van die mooiste troues wat ek in n lang tyd gesien het. Alhoewel die couple bietjie op hulle senuwees was, het hulle geleidelik begin ontspan en die dag begin geniet. Ek dink hulle fotosessie het bygedra om hulle bietjie rustig te kry en net die dag te begin inneem soos wat dit gebeur.

Loer gerus na hulle fotos by Southill in Elgin

Jetsetters! - 12 Dec 2008

Lene en Gerhard is nog Jetsetter couple wie romanse geblom het oor die 3 kontinente. Suid Afrika, Engeland en Taiwan. Ek wonder of hulle in3 tale gevry het ook?

Hulle troue was op Nooitgedaght net buite Stellenbosch.
Nooitgedacht het die mooiste chappel met teskture en kleure wat mens altyd voor hoop. Ek wens ek kon meer fotos daar gekry het.

Ons het hulle fotos op die plaas gedoen by Nooitgedaght en moes onder andere mooi luister vir treine wat kort kort verbykom. Die twee was soveel fun hulle fotosessie het verby gevlieg.

Nooitgedacht is vinnig besig om een van my gunsteling venues te word!

Hulle fotos is hier

The boy and Girl next door - 11 Dec 2008

Ek en Iza het weer saamgespan vir Greame en Charle se troue. Tweede keer in twee weke wat ons weer by Rickety Bridge in Franchhoek is, het ons die keer DERUGEJAAG van Durbanville af. Blybaar was die bruidskar op n stadium op 190kmph. Ek en Iza het probeer byhou maar het vinnig opgegee.

Hulle diens was buite op die gras onder n reuse skaduboom. Dit het die beligting darem maklik gemaak. Ons het die mooiste berge as agtergrond gehad en dit was rerig n stunning troue.

Greame en Charle was vriende van baie klein af. Altwee het kom medies swotin die Kaap en dis hier waar die romanse begin het. Die lekkerste van die fotos was dat hulle na 7 jaar nog steeds so verlief is.Dit maak my fotos baie maklik!

10 Glase coke - 6 Dec 2008

Mark en Angelique het omtrent in n storm ingestap. Hulle het Woensdag geland uit London uit. Onder andere is hulle Domniee beroof 2 dae voor die troue.Omdat ek hulle dus nie kon ontmoet voor die tyd nie, was ek nogals op my senuwees oor hoe die dag gaan uitwerk. Op die einde het als toe baie goed verloop en het ons darem genoeg tyd vir die fotos gehad.

Saterdag was geweldig warm en toe ek by die onthaal gekom het, het ek omtrent 10 glase coke gedrink die aand.Ekt natuurlik n Sugar rush gehad wat my tot vroegoggend wakker gehou het. Note to self: Drink water volgende keer!

Sien hulle fotos hier