Monday, January 19, 2009

Al daai Jazz - 15 Dec 2008

Ek en Iza was heel op tyd om vir Anelle af te neem. Toe ons by die hotel/lodge aankom waar sy aantrek stuur hulle ons eers in n verkeerde rigting.Na ons omtrent 20 minute gesoek het, kom ek uiteindelik agter daar trek SES bruide aan op die perseel. UITEINDELIK!! stuur hulle my in die regte rigting.
By Anelle aangekom is sy die rustigheid en fun vanself. So rustig soos n mielieblaar.

Sy en Marius het by LA Brassiere onder die bome getrou. Hulle onthaal was ook daar. Marius het sy gewrig seergemaak en moes toe met n handstut trou. Hom definitief nie later met fototyd gepla nie. Met hulle couplefotos moes ek omtrent vir hulle aandag veg. Hulle het seker 10 000 inside jokes gehad en ek dink nie hulle het eers geweet van my nie. Dis natuurlik n fotograaf se droom.
Ek was weer op die dak van gebou om die groot groepsfoto te neem. Dis darem altyd n wenner.
Anelle se pa was ook deel van die Jazz band by die onthaal. Nie lank nie toe sluit Anelle op die stage aan by hulle en slaan sy omtrent almal se asem weg met haar stem.
Die troue was ons 4de een vir die "combo naweek". Ek het gedink ons gaan baie moeg en uitgeput wees, maar ons was gerevitelise. Nie deur red bulle nie, maar deur een flippen lekker troue!

Sien hulle fotos.

No comments: