Monday, January 19, 2009

Saterdag die 13de...

13 December... populerste Saterdag in die jaar. Ek het seker letterlik 30 bruide weggewys vir hierdie datum. Kelly en Michael het my omtrent 14 maande vooruit geboek.

Die dag het lekker rustig begin. Erens met die inpak sit ek toe mos my foon op my kar se dak en toe ek in Durbanweg opry oppad troue toe, verspry ek my foon oor Durbanville se strate...

Met my bankkaarte wat in die week gestop is het die dag nie goed begin nie.

Gelukkig was Southill en Aleit en sy span gereed vir aksie. Diè was voorwaar en van die mooiste troues wat ek in n lang tyd gesien het. Alhoewel die couple bietjie op hulle senuwees was, het hulle geleidelik begin ontspan en die dag begin geniet. Ek dink hulle fotosessie het bygedra om hulle bietjie rustig te kry en net die dag te begin inneem soos wat dit gebeur.

Loer gerus na hulle fotos by Southill in Elgin

No comments: