Monday, February 16, 2009

Die boland het ook ooptes - 30 Jan 09

Ilke was een van daai bruide wat n fotograaf se droom is. Waar ander bruide gewoonlik n rukkie vat om aan die gang te kom, Was Ilke reg van die begin af. Ek moes net voorbly met die kamera.

Hulle diens was by Durbanville Moedergemeente en onthaal by Eensgezind.

Met hulle shoot het ons na afgelee pad anderant Eensgezind gegaan. Die kleure op die fotos was rerig cool en waar Hannes Ilke se teenoorgestelde was t.o.v. die fotos in die begin het hy later lekker ontspan en was hulle as n couple awesome voor die kamera.


Die hoogte punt was aan die einde van die aand toe Hannes vir my gese het dat hy amper nie omgee oor die fotos lyk nie, die manier wat ons hulle hanteer het was vir hom great. Het die fotosessie sommer baie geniet.

Sien hulle fotos hier.

Note en sketse - 24 Jan 09

Ek en Iza was middel Januarie in die States vir n troue....die Oranges Free states.Frits en Isabel se troue was by Moolmanshoek in die middel van die Vrystaat. Ons moes vlieg tot in Bloem en het Vrydag en Saterdag in Rosendal oorgeslaap.Rosendal is n klein dorpie wat daar nie veel aangaan nie. MAar was dit nou lekker om weg te kom van die stad se gejaag.

Isabel het die ongelooflikste "entrance" gemaak. Sy het op n koets aangekom oor n stuk gras met omtrent 70 wilde perde wat almal na hulle asem laat snak het toe hulle aangehardloop gekom het. Die gaste het in n woud gesit en woordeloos gestaar en geluister. Dis so jammer dat foto's nie kan klank vasvang nie en ek dink die foto's wat ek geneem het, sal nooit die ervaring kan weergee nie.
Na die diens het ons gou groepsfotos gedoen en het toe die twee se fotos in grasvelde en n ander woud gedoen. Ek het lekker gelag vir die twee se interaction en ek dink hulle het die fotosessie ook baie geniet. Dit help natuurlik ook dat hulle baie fotogenies is.
Frits was altyd deel van die sanggroep "Navy Red" en die paartjie gaan nou London toe waar Isabel n argitek is en Frits die musiek verruil vir die IT bedryf wat hy destyds geswot het.
Ons het ook paar ander celebs op die troue gesien maar ongelukkig kan hierdie fotograaf niks meer onthul nie...
Dankie julle twee vir die lekker naweek en die voorreg om julle foto te kon doen. Dit was rerig n onvergeetlike naweek.
Sien gerus hulle fotos hierso.

Juffrou en Meneer! - 9 Jan 09

Rudy en Hanri het Vrydag die 9de Jan getrou by Kronenburg net buite die Paarl. Omdat dit n vrydagmiddag troue was moet al die gaste maar wikkel in die verkeer om betyds te wees.
Ek en Iza was lekker vroeg by Hanri en ons het geskater van die lag vir haar en haar sussie met die aantrekkery.

Rudy en HAnri het mekaar ontmoet op Wellington waar hulle altwee onderwys geswot het. Die liefde het begin blom en Kronenburg was uiteindelik die plek waar hulle, hulle bruilof gevier het.

Ons het hulle fotos in die Paarl se hoofstraat gedoen en toe uitgewyk wingerde toe.

Kronenburg se dansbaan is lekker groot en almal was vroeg vroeg al lus vir dans. Tot haar Oupa "Got jiggy with it".

Hulle fotos is hier.

Net na Nuwe jaar - 3 Jan 09

Andre en Anneliese het Saterdag 3 Jan by Morgenhof getrou. Met meeste mense wat dalk nog bietjie tam was na Nuwejaar was die klomp omtrent reg vir partytjie hou. Hulle gaste was uit alle uithoeke van die Wereld.

Die diens was in n tipe van n stal en die briesie wat deurgewaai het was baie welkom. Ons het hulle foto's gedoen sommer op Morgenhof. Onder andere bietjie n extra flash as separation light gebruik. Die weer was perfek gewees en ons het toe van die foto's in die wingerde gedoen.
Dit was die perfekte troue om die jaar mee af te skop.Geniet Switserland julle twee!Loer gerus na hulle fotos by