Monday, February 16, 2009

Note en sketse - 24 Jan 09

Ek en Iza was middel Januarie in die States vir n troue....die Oranges Free states.Frits en Isabel se troue was by Moolmanshoek in die middel van die Vrystaat. Ons moes vlieg tot in Bloem en het Vrydag en Saterdag in Rosendal oorgeslaap.Rosendal is n klein dorpie wat daar nie veel aangaan nie. MAar was dit nou lekker om weg te kom van die stad se gejaag.

Isabel het die ongelooflikste "entrance" gemaak. Sy het op n koets aangekom oor n stuk gras met omtrent 70 wilde perde wat almal na hulle asem laat snak het toe hulle aangehardloop gekom het. Die gaste het in n woud gesit en woordeloos gestaar en geluister. Dis so jammer dat foto's nie kan klank vasvang nie en ek dink die foto's wat ek geneem het, sal nooit die ervaring kan weergee nie.
Na die diens het ons gou groepsfotos gedoen en het toe die twee se fotos in grasvelde en n ander woud gedoen. Ek het lekker gelag vir die twee se interaction en ek dink hulle het die fotosessie ook baie geniet. Dit help natuurlik ook dat hulle baie fotogenies is.
Frits was altyd deel van die sanggroep "Navy Red" en die paartjie gaan nou London toe waar Isabel n argitek is en Frits die musiek verruil vir die IT bedryf wat hy destyds geswot het.
Ons het ook paar ander celebs op die troue gesien maar ongelukkig kan hierdie fotograaf niks meer onthul nie...
Dankie julle twee vir die lekker naweek en die voorreg om julle foto te kon doen. Dit was rerig n onvergeetlike naweek.
Sien gerus hulle fotos hierso.

No comments: