Tuesday, April 7, 2009

Back to my roots

Kyle en Wendy is seker van die oulikste couples wat ek nog ooit ontmoet het. Van oomblik een af het ons dadelik geclick en alhoewel dit ons 2de troue vir die dag was, het dit glad nie soos werk gevoel nie. Die aand het verby gevlieg.
Sy het aangetrek in Houtbaai by die mooiste cottage. Altyd lekker om spasie vir die foto's te hê.
Die diens en onthaal was by Groot Constantia. Dit was my eerste troue daar en hopelik nie my laaste nie. Interesante trivia is dat my oer oer oer oupa grootjie eens op tyd Groot Constantia besit het. Simon van Der Stel het dit blykbaar aan hom verkoop.
Hulle foto's was baie fun en ons het meer as genoeg tyd gehad.
Sien hulle fotos hier.

Alfas en Speedcops

Andre en Lee-ann is baie goeie vriende van my wat Saterdag oggend getrou het net buite Stellenbosch. Ek en Iza was al vroegdag op oppad na Lee-ann toe.Ons "wonderlike" verkeerspolisie het besluit hulle gaan op die N2 n padblokkade hou. 23 verkeersmotors vir 1 baan! Praat van vermorsing! Nie net die almal se geld nie maar ook kosbare tyd. NA ons 30 min gesit het vir 1 km het is ons verder. Gelukkig dat ons lekker vroeg gery het!
Die probleem met oggend troues is dat die beligting baie hard is wanneer ons die couple fotos doen. Mens soek maar gewoonlik skadu.By kanonkop is daar lanings bome langs die N2 wat perfek gewerk het. Ek is rerig happy met hulle fotos en moes Andre se groot passie:Alfas ook erens inbing in die foto's
Onswas was omtrent spyt toe ons vroeg moes vertrek by Uitkyk vir ons 2de troue vir die dag.
Sien hulle foto's hier.

Sunset in Langverwacht

Die was een van die eerste troues in n lang tyd wat ek weer sonder n assistent gewerk het. Ek moes omtrent bontstaan om alles gedoen te kry. Gelukkig het Stefan (een van die bestment) my uitgehelp gedurende hulle fotosessie.
Grant en Retha het by Langverwacht getrou. Die is seker my 6de troue by Langverwacht en dis altyd n lekker venue. Hulle is baie georganiseerd en maak dinge baie maklik vir almal. Die diens was bietjie langer as wat beplan is, en ons fototyd was taamlik korter. Ten minste toe ons bietjie later met die fotosessie besig was, kon ons die sonsondergang perfek vang. Ek sou dalk net nog so extra 5 minute wou gehad het.

Sien gerus hulle foto's hier

Die Roadtrip troue!

Ek het Amanda en Kevin ontmoet omtrent n 2 jaar terug by Evette se troue. Amanda was die bridesmaid toe en die keer was dit Evette se beurt om bridesmaid te wees. Ons het omtrent rondgery gery want hulle diens was in Tabelview en die onthaal by Bontevlei wat tussen Stellenbosch en Somerset Wes is.
Met hulle foto's was ons van links na reg gewaai op Blouberg se strand. Via Stellenbosch is ons toe Venue toe. Ek het n paar bekendes raakgeloop en die bestewas aan die einde van die aand toe Evette se ouma (wat nou 78 is) na my toe kom en sê sy gaan my boek tot 24:00 toe op haar tagtigste verjaarsdag...so bek moet jêm kry!
Hulle fotos