Monday, December 29, 2008

Musiek in die wind - 5 Dec 2008

Serani en Barry het getrou op Eureka Vrydag die 5de Des. Die twee het in hulle kerk se band ontmoet en ek dink hulle kindertjies gaan eendag baie talent hê!

Iza het haar make-up gedoen sy het n stunning bruid gemaak. Hulle diens was in Durbanville en ons moes weer bontstaan om hulle fotos te neem in die wind. Ons moes omtrent vashou om nie weggewaai te word nie. Ek dink die Bridesmaids het omtrent soos 3 Marylin Monroe's gevoel.
Ons het hulle fotos bo teen die berg by Eureka gaan doen. Na die tyd het iemand vir my gesê die wind word daar gemaak.

By die onthaal het ek en Iza bietjie met n "snoot" begin speel vir die dans fotos. n Snoot is iets wat die lig van jou flash kondenseer in een dun straal. Ek is baie opgewonde om dit meer en meer te gebruik. Dit was die eeste van sewe troues vir Desember en "so far so good"!

Saturday, December 6, 2008

Reën, Reën, Reën - 29 Nov 2008


Laura en Steven het die naweek by Stellenrust net buite Stelelnbosch getrou. Die Reën het ons omtrent oorhoops gehad en ons hetStellenbosh vol gejaag opsoek na skuiling teen die reen en wind. Met die KAap weet mens ook nooit!
ONs het toe by die stasie meeste van die fotos gedoen. Vandaar af is ons Stellenbosch Square toe waar die rooi bakstene n baie urban feel gegee het.
Die twee se honeymoon is in Australië en ek moet se eks BAIE jaloers. Loer na hukke fotos by

Friday, December 5, 2008

Drie susters...

3 susters....3 susters op 3 susters....
Daar is mos so liedjie gesing deur Pieter Koen. Casper de Vries en sy trawante hardloop rond soos mal goed.
Drie susters het in een jaar getrou waarvan Danelle die 3de ene was. Ek het ook haar jonger sussie(Lelanie) se fotos gedoen. Wat sulke troues lekker maak is dat ek omtrent30% van die gaste al ontmoet het. Ek ken hulle gesin ook nou al goed en dit voel asof mense vriende se fotos doen.
Danelle en Xander het in Durbanville getrou en die onthaal was by Eureka. Ons het so baie wind met die couple shoot gehad dat ek nie kon durf om die sambrele uit te haal nie.Anders moes ekvir Iza in Blouberg tussen die kitesurfers gaan soek.
Die onthaal was great en ek het my goeie vriend Theo (DJ) weer raakgeloop. As daai mannetjie musiek maak kry jy my nie weg by n troue nie.
Loer gerus na hulle fotos hier

Mind the Gap (19 November 2008)

Woensdag was my rekord vir my kleinste troue nog. 5 mense... en dit sluit die couple in...
Debrah en Justin is van die Britse eilande en hulle het besluit om sommer hulle troue en wittebrood alles in een te doen. Alles het gebeur by Cellar Hohenort in Constantia. Die diens was in die tuin met n pou wat daar rondgepronk het. (min wetend dat hy ook later moet model speel)
Ons het die foto's sommer op die gronde gedoen en dit was baie lekker om tyd vir n slag te he. Die gaste(al drie van hulle) het ons vergesel en is toe later weg om n paar koues te gaan nuttig.
Debrah is regte engelse roos en sy het pragtig gelyk. Sy is in RSA gebore en dus ook die rede hoekom hulle op SA besluit het. Jy kan nooit Afrika uit iemand haal nie. Met die dominee wat n paar snaakse goed aangevang het, (wat onder andere die bruidegegom n rou eier laat drink het.... gin wonder toeristedink ons Afrikane is vreemd nie )en die afrika son wat hulle bietjie bygekom het voor die troue dink ek nie hulle sal hulle tyd hier gou vergeet nie.
Hulle is die oulikste mense en dit was n reuse voorreg om deel te kon wees van hulle troue.

Loer gerus na hulle fotos