Friday, December 5, 2008

Drie susters...

3 susters....3 susters op 3 susters....
Daar is mos so liedjie gesing deur Pieter Koen. Casper de Vries en sy trawante hardloop rond soos mal goed.
Drie susters het in een jaar getrou waarvan Danelle die 3de ene was. Ek het ook haar jonger sussie(Lelanie) se fotos gedoen. Wat sulke troues lekker maak is dat ek omtrent30% van die gaste al ontmoet het. Ek ken hulle gesin ook nou al goed en dit voel asof mense vriende se fotos doen.
Danelle en Xander het in Durbanville getrou en die onthaal was by Eureka. Ons het so baie wind met die couple shoot gehad dat ek nie kon durf om die sambrele uit te haal nie.Anders moes ekvir Iza in Blouberg tussen die kitesurfers gaan soek.
Die onthaal was great en ek het my goeie vriend Theo (DJ) weer raakgeloop. As daai mannetjie musiek maak kry jy my nie weg by n troue nie.
Loer gerus na hulle fotos hier

No comments: