Friday, December 5, 2008

Mind the Gap (19 November 2008)

Woensdag was my rekord vir my kleinste troue nog. 5 mense... en dit sluit die couple in...
Debrah en Justin is van die Britse eilande en hulle het besluit om sommer hulle troue en wittebrood alles in een te doen. Alles het gebeur by Cellar Hohenort in Constantia. Die diens was in die tuin met n pou wat daar rondgepronk het. (min wetend dat hy ook later moet model speel)
Ons het die foto's sommer op die gronde gedoen en dit was baie lekker om tyd vir n slag te he. Die gaste(al drie van hulle) het ons vergesel en is toe later weg om n paar koues te gaan nuttig.
Debrah is regte engelse roos en sy het pragtig gelyk. Sy is in RSA gebore en dus ook die rede hoekom hulle op SA besluit het. Jy kan nooit Afrika uit iemand haal nie. Met die dominee wat n paar snaakse goed aangevang het, (wat onder andere die bruidegegom n rou eier laat drink het.... gin wonder toeristedink ons Afrikane is vreemd nie )en die afrika son wat hulle bietjie bygekom het voor die troue dink ek nie hulle sal hulle tyd hier gou vergeet nie.
Hulle is die oulikste mense en dit was n reuse voorreg om deel te kon wees van hulle troue.

Loer gerus na hulle fotos

No comments: