Saturday, March 28, 2009

Op die aanloopbaan - 28 Feb 09

Trourokke kan baie keer nogals dieselfde lyk maar Belinda se rok was een van die mooistes wat ek in n lang tyd gesien het. Sy het in Stellenbosch by Beauclair gastehuisaangetrek en dit was so lekker om genoeg tyd, genoeg lig en mooi dekor te hĂȘ vir die fotos.
Du Toit is n vegvlienier en hy het n haar gevra om te trou op die aanloopbaan met vegvliegtuie wat in gelid spesiaal oor hulle kom vlieg het.
Hulle diens was in Stellenbosh United Church. Oulike kerk in die middel van Stellenbosch. Na hulle foto's is ons Stellenrust toe waar hulle onthaal was. Omdat Stellenrust n lekker groot venue is, is daar baie dansplek.
Sien gerus hulle fotos hier.

Saturday, March 14, 2009

Lanzarac se windgerde - 21 Feb 09

Ek en Iza was al taamlik vroeg by Lanzarac om Tammy en Rick se troue te doen. Dis altyd so lekker as alles sommer op een venue gebeur.Hulle troue het al 3 uur begin en na die diens het hulle n "high tee" gehad. Dit was so anders en so lekker. Natuurlik gehelp dat hulle net 16 gaste was. Die couple het saam met die gaste gekuier vir seker n uur.

Ons het hulle foto's toe sommer ook daar op die venue gedoen. Lanazarac het n baie mooi laning, winderde en ook n stunning berg as agtergrond.Omdat Tammy n donker vel het en Rick n ligte vel, het ek besluit om n silver reflektor te gebruik om bietjie "fill in" beligting op Tammy te sit. Dit het uitstekend gewerk en ek is rerig tevrede met hulle foto's

Na die foto's het almal eers verfris en toe het hulle cocktails gehad. Tammy het n pers cocktail rokkie gaan aantrek.

Op n ander noot wil ek net noem dat ek rerig beindruk was met Lanzarac se diens. Baie keer kan venues amper mislik wees met ons diens verskaffers. Lanzarac het ons ook op die hande gedra. Mens kan sien hoekom hulle n 5 ster hotel is. Ek kan hulle verseker aanbeveel. Click hier vir hulle fotos.

Annie's song - 14 feb 09

Anneline het by hulle penthouse in die die strand aangetrek. Hulle is in Topaz op die strandfront. Ek dink amper dis die hoogste gebou in die strand. Die uitsig was ongelooflik.

Hulle troue was by Neetlingshof. Toe Anneline uitklim toe gryp die wind haar veil en almal moes bontstaan om dit te vang. Neetlingshof is natuurlik wyd bekend nie net as wynplaas nie maar ook vir hulle stunning laning bome. Ek hou gewoonlik nie daarvan om die "obvious" foto plekke te gebruik nie. Die was een van die tye wat ek voor die tyd taamlik gewik en weeg het daaroor.Die laning is egter so amazing dat ek toe tog op dit besluit het. Langs die bome is daar ook n stuk veld en het het omtrent soos n ranger gevoel tussen die lang grasse.

By hulle onthaal het Abba vinnig die dansbaan volgemaak en die "girls" was omtrent die dansbaan vol. Vra hulle gerus wie die "girls" is.

Click hier om hulle foto's te sien.

Vuur, reendruppels en vriende - 7 Feb 09

Die naweek was een van die hoogtepunte die jaar. Liana en Adriaan is goeie vriende van ons en dit was great dat hulle n datum gekry hetwat ons nog oop was. Nie net het ons die foto's gedoen nie, maar was ook daar as gaste. Liana is een van die fotogenieste mense wat ek ken. Met haar en Adriaan soos twee verliede duifies was dit maklik.

Die was ook die week wat die so gebrand het in Stellenbosch. So dit was warm...lat ek dit weer se. Dit was WARM!
Ons was net klaar met hulle foto's en terug by die onthaal (n buite troue) toe maak die hemel oop en blus die brande... en hulle tafels, dekor , kerse, gaste..ALLES!

Gelukkig spring almal toe in en skuif die hele troue binnetoe. Met almal bietjie nat en die ys lekker gebreek het die partytjie behoorlik aan die gang gekom.
Hulle fotos