Saturday, March 14, 2009

Vuur, reendruppels en vriende - 7 Feb 09

Die naweek was een van die hoogtepunte die jaar. Liana en Adriaan is goeie vriende van ons en dit was great dat hulle n datum gekry hetwat ons nog oop was. Nie net het ons die foto's gedoen nie, maar was ook daar as gaste. Liana is een van die fotogenieste mense wat ek ken. Met haar en Adriaan soos twee verliede duifies was dit maklik.

Die was ook die week wat die so gebrand het in Stellenbosch. So dit was warm...lat ek dit weer se. Dit was WARM!
Ons was net klaar met hulle foto's en terug by die onthaal (n buite troue) toe maak die hemel oop en blus die brande... en hulle tafels, dekor , kerse, gaste..ALLES!

Gelukkig spring almal toe in en skuif die hele troue binnetoe. Met almal bietjie nat en die ys lekker gebreek het die partytjie behoorlik aan die gang gekom.
Hulle fotos

No comments: