Thursday, July 31, 2008

Die Pienkprinses wat nooit van pienk gehou het nie

Anne en Simon het langs ‘n meer by Elgin Country Club getrou. So nat soos dit verlede week was, so perfek was die weer dié week.

As jy Anne ontmoet het sou jy nooit gesê het dat sy van pienk hou nie, maar toe sy in die isle afstap was dit net perfek.Die meer was so rustig en dit het die pas aangegee vir die res van die troue.

Na die diens het ons foto’s langs en op ‘n spoor geneem. Ons beligting was uitstekend met die laatmiddagson en ons het afgeëindig met ‘n visstok in Simon se hand (een van sy groot passies).Die agtergrond vir die groepfoto’s was stunning met die water wat alles weerkaats het en die berg wat diepte gegee het.

Hierdie was een van daai sosiale troues waar die mense sommer vinnig-vinnig gemingle het en lekker saamgekuier het.


Iza (my assistent) het die stunning foto geneem taamlik laat die aand op die dansbaan. Click op die link om meer van hulle fotos te sien.

Willem en Maja - 5 Julie 2008, Houw Hoek inn


Die winter is met mening terug, nê! Ons het net gedink die dae word nou weer langer toe steek die koue behoorlik sy kop uit.

Vyfde Julie , Houw Hoek Inn, 20km anderkant Grabouw was die venue vir Maja en Willem se troue.

Na ek eers bietjie in die verkeer vasgesit het op die N2 (dankie vir daai "geniuses" wat verantwoordelik is vir die verkeersligprogrammering van Somerset-Wes) het ek darem betyds en druipnat by Maja gearriveer. Daar gekom, sien ek my sambreel lê by die huis en moes ek doen met ‘n "girlie" sambreel. NICE.

Iza kon my ook nie help dié keer nie. Sy het gewerk en ek moes toe self al my toerusting rondkarwei en ligte opstel (weereens die waarde van n clever helper besef).

Ek en Maja het toe die koue en reën trotseer en in so stegie ‘n paar nice foto’s gekry. Eventually is ons na die chapel toe met die reën wat net meer en meer raak.
Die diens was stunning en toe ons buite kom het dit oopgetrek en kon ons die kleurvolle agtergrond ook inkry in die foto’s. Willem en Maja was naturals en ek kon ‘n paar oomblikke vasvang waar hulle die dag ervaar presies soos wat dit was.
Hulle het n rustic feel aan hulle troue gehad en die dag was regtig ‘n verlenging van hulle persoonlikhede. Dit was spesiaal om dit te kon deel en julle kan gerus na hulle foto’s loer.

Interessant is dat Houw Hoek Inn die oudste werkende hotel in die land is. Erens in die 1700's begin. Ek sweer ek het ‘n oom ook daar gesien wat uit die 1700's uit kom.
Ek het ook weer vir Theo (die beste DJ in die Wes-Kaap) raakgeloop. Hy het sommer vroeg-vroeg die dansbaan volgemaak.