Tuesday, August 26, 2008

Scott Kelby’s Worldwide Photo Walk: Kaapstad

So staan ek toe mos 6:30 op vanoggend. Een van die min Saterdae wat ek actually af is, en toe gaan neem ek wragtig foto’s.

Scott Kelbly het sopas sy "Lightroom 2 Book" gelaunch en saam met dit was ons 7000+ fotograwe in 250 stede wat vandag (Saterdag, 23 Aug) saam gestap en foto’s gaan neem het.
‘n Twee uur fotostaptoer wat opgeëindig het met ‘n koffie by Caramello’s in Kloofstraat, Kaapstad.

Ons het so 8:00 in die Bo-Kaap begin. Terwyl Ruan (ons stapleier) die "brief" gegee het, het ek in ‘n hoekkafee vir my ontbyt gesoek. Ek dink ek sou enige oomblik uitpass van die honger. My opsies was samoesas en.... samoesas. Het die mense nog nie van muffins gehoor nie?

Toe ons in die pad val (50 van ons en ek met ‘n groen piesang) was die huise, mense en duiwe skoon nervous met al die lense. Van die duiwe het actually sonbrille opgesit soos die paparazzi hulle afgeneem het.

Ek was bietjie nervous aan die begin met al die "kompetisie" om my, maar het gou besef dat hierdie is net ‘n dag saam met vriende wat passievol oor dieselfde goed as ek is. Dit maak nie saak of ons foto’s ook dieselfde lyk nie. Dit gaan oor die saamkuieren leer by mekaar. Dit was rêrig flippen lekker.
As julle bietjie meer wil uitvind oor wat almal aangevang het gaan na:
Om na van my foto’s te kyk, kliek hier.
Om die res van die ouens se fotos te sien kliek hier.

Streetshooting in Stellenbosch se strate

Wat ‘n amazing dag het ons nie gehad nie. Iza is 4:30 vanoggend uit die huis uit om met Mariaan se make-up en hare te begin.
Ek het so 6:30 gery. Stellenbosch het nog geslaap toe is ons al aan die gang. Mariaan dra nooit make-up nie en Iza moes bontstaan om haar "foto-gereed" te kry.
Soos julle in die fotos sal sien het sy absoluut stunning gelyk en Tyrone self ook nie te sleg nie :-)


Omdat dit ‘n oggendtroue was het ons besluit om die foto’s voor die tyd te neem. Die voordele is:
• Die strate is nog lekker stil
• Die natuurlike lig is great
• Langer kuiertyd saam met die gaste

Ek dreig al lankal om ‘n properse "Street shooting"sessie te doen en dié was die ideale geleentheid. Die twee was net so baie sports en ons het rêrig baie mooi foto’s geky.

Na die diens in die Moedergemeente is ons Lanzarac toe vir die onthaal. Lekker ding is dat ek klomp van die gaste geken het (ek en Tyrone is altwee kranige touch rugby-spelers...ok, Tyrone bietjie meer as ek). Ek kon dus lekker met die gaste interact wat die groepfoto’s baie lekker gemaak het.
Ons het lekker gekuier die res van die oggend en ek en Iza was te dankbaar om die aand (18 ure later) in die bed te val met smiles op gesigte en die wete dat ons vandag deel was van iets amazing.
Loer gerus na die foto’s.