Tuesday, August 26, 2008

Scott Kelby’s Worldwide Photo Walk: Kaapstad

So staan ek toe mos 6:30 op vanoggend. Een van die min Saterdae wat ek actually af is, en toe gaan neem ek wragtig foto’s.

Scott Kelbly het sopas sy "Lightroom 2 Book" gelaunch en saam met dit was ons 7000+ fotograwe in 250 stede wat vandag (Saterdag, 23 Aug) saam gestap en foto’s gaan neem het.
‘n Twee uur fotostaptoer wat opgeëindig het met ‘n koffie by Caramello’s in Kloofstraat, Kaapstad.

Ons het so 8:00 in die Bo-Kaap begin. Terwyl Ruan (ons stapleier) die "brief" gegee het, het ek in ‘n hoekkafee vir my ontbyt gesoek. Ek dink ek sou enige oomblik uitpass van die honger. My opsies was samoesas en.... samoesas. Het die mense nog nie van muffins gehoor nie?

Toe ons in die pad val (50 van ons en ek met ‘n groen piesang) was die huise, mense en duiwe skoon nervous met al die lense. Van die duiwe het actually sonbrille opgesit soos die paparazzi hulle afgeneem het.

Ek was bietjie nervous aan die begin met al die "kompetisie" om my, maar het gou besef dat hierdie is net ‘n dag saam met vriende wat passievol oor dieselfde goed as ek is. Dit maak nie saak of ons foto’s ook dieselfde lyk nie. Dit gaan oor die saamkuieren leer by mekaar. Dit was rêrig flippen lekker.
As julle bietjie meer wil uitvind oor wat almal aangevang het gaan na:
Om na van my foto’s te kyk, kliek hier.
Om die res van die ouens se fotos te sien kliek hier.

2 comments:

Anonymous said...

ag nee, ek is uitgemis op iets wat klink na PRET. waar kan mens te hore kom van hierdie tipe uitstappies? ek is nou wel 'n beginner-ginner fotograafie en is al erg verveeld met die goed wat ek afneem. dit sal great wees om bietjie te network met ander fotograwe.. die mense wat my taal praat.
Jolene
(gerardvoges@yahoo.com)

riekert said...

Ek het ook maar toevallig daarvan uitgevind. Ek dink jy moet sommer nog n paar ander beginners bymekaar kry en n shoot reel.