Saturday, September 20, 2008

Make-up, Hare, Wyn, Fotos...

"Dit voel weird om die kant te wees" was Ellma se eerste woorde toe ek instap.

Haarkapper en grimeer kunstenaar, Ellma en Wynmaker Rehan het getrou in die Paarl.
Wat veronderstel was om n "wintertroue" te wees, uit uitgedraai op n tipiese somersdag.

Ek en Ellma het al n paar keer saam gewerk en ek was nogals gevlei toe sy my vra om hulle fotos te doen. Sy doen ook gereeld troues en ken die bedryf goed.

Sy het gese dit was baie anders om op die stoel te sit as om te staan en n diens te verskaf. Dit was rerig n stunning troue en dis altyd lekker om troues te doenwaar jy weet die paartjie is bedoel vir mekaar. Dit maak die fotos net soveel makliker.
Ons het voor die Paarl se stadsaal begin met hulle couple fotos. Ek wou so n bietjie outydse "razzle dazzle" feel in die fotos insit en die pilare het rerig goed gewerk.Van daar is ons na Picardi toe en opgegaan in die berg en n paar fotos gaan neem. Hulle was baie gemaklik en overall was ek baie gelukkig met hoe die fotos uitgekom het.
Die troue self was n groot sukses en ek dink hulle het tot Laaaaat gekuier.
Gaan loer gerus na paar van hulle fotos.

No comments: