Wednesday, June 25, 2008

PIERRE EN ANLI - 7 Junie 2008


Drie weke na die troue is ek darem ook toe klaar met die foto's.

Hierdie was omtrent 'n "nuwe" troue. Ek het 'n nuwe kamera (Nikon D300), nuwe beligting (2 sambrele, pocket wizzards en 'n beauty dish)en ook nuwe editing sagteware(lightroom) probeer. Soos enigiets in die lewe beteken "nuut" eintlik "leer".

Ek moes lightroom van die begin af leer. Ek het dit maar gesien as 'n leerskool en seker omtrent 3 keer langer gevat as gewoonlik. Gelukkig het ek 3 weke af met troues. So dit het op die perfekte tyd gekom.

Wat aanvanklik stadig begin het, het al hoe vinniger geraak soos wat ek aangegaan het. Lightroom het 'n paar stunning nuwe effects wat die foto's NOG meer natuurlik laat lyk.

Die venue Roodezandt in Tulbagh is ook stunning en ons het lekker baie tyd gehad.

Pierre en Anli was groot sports so daar is nie 'n manier dat die fotos kon flop nie ;-)Dit was nogal baie "sattisfying" toe ek die foto's in slideshow-formaat vir Anli-hulle wys, toe loop die trane by foto 2 al!
Ek het maar net weer besef hoe persoonlik foto's is en hoe groot voorreg en verantwoordelikheid dit is om elke keer jou beste werk te doen.
Loer bietjie rond op my site vir Anli en Pierre se foto's.
groete!
Riekert

Photoshop, lightroom of ACDSee



Mense wat meer van fotografie begin leer vra my soms watse sagteware hulle moet koop.


My 1ste raad aan hulle is gewoonlik om te kyk wat is op die cd wat saam met die kamera gekom het. Speel bietjie rond daarmee.As jy nog steeds voel dis nie voldoende nie, kyk dan eers rond.


Photoshop


Die big daddy van Editing-sagteware was nog altyd Adobe Photoshop gewees. Hy was dan gewoonlik ook die duurste. CS2 en CS3 is opgedateerde weergawes hiervan. Twee jaar terug sou ek vir jou gesê het: "Koop Photoshop en jy gaan nooit terugkyk nie". Dit bly 'n amazing program maar daar is ander opsies ook.


ACDSee


Wat in 1997 begin het as 'n thumbnail viewer het intussen uitgebrei tot 'n taamlik volledige Editing-program. As jy nie sooo rekenaargeletterd is nie sou ek verseker dié voorstel.


Picassa


Google het Picassa uitgebring in 2004 as 'n gratis program. Meer limited as ACDSEE maar die voordeel is: dis gratis.


Lightroom


In 2006 bring Adobe 'n nuwe program uit genaamd Lightroom. Dis gemik op professionele fotograwe wat met foto's werk en nie noodwendig dankiesê-kaartjies wil maak nie. Deur fotograwe vir fotograwe. Die tweede weergawe (beta version) kan nou verniet afgelaai word vir 30 dae se gebruik.


Die res


Daar is 'n legio ander programme wat ek ongelukkig glad nie ken nie en dus ook nie 'n uitspraak oor kan lewer nie. My ondervinding is maar met die boonste 4.




Gevolgtrekking


As jy geld wil spandeer en rekenaarkennis het gaan vir Lightroom. Ek dink dis die toekoms van Photo editing, dis waarheen dit beweeg. Daar is 'n paar tekorkominge, maar wanneer hulle die finale weergawe loslaat gaan dit amazing wees. Soos alles in die lewe moet jy mooi gaan dink wat jy wil doen met die produk en daarvolgens jou keuse maak.

Admin Admin Admin


Sjoe, wat 'n jaar..


Dit was omtrent woelig dié jaar. En dit was julle klomp wat my so besig gehou het. Dankie vir elkeen van julle se aandeel daarin dat ek my passie kon uitleef. Sonder julle sou ek Saterdae my tv-kas afgeneem het.


Winter is ons troufotograwe se herlaaityd. Trouseisoen het sopas geëindig en begin weer ampertjies een van die dae. Ek is nou druk besig om al my admin agtermekaar te kry vir die volgende seisoen. Net graag 'n paar goedjies:


1. Albums

Ek weet dit was die een ding wat amper almal sê hulle nie regtigwaar in Suid-Afrika kan kry nie. Ek het toe bietjie gaan soek en uiteindelik iets gekry waarmee ek rêrig gelukkig is.Loer asseblief na die webblad en laat weet maar as julle belangstel: . http://www.rcphoto.za.net/albums.asp

2. Facebook

Jip, ek het ook geswig en 'n facebook-groep begin. Dit sal cool wees as julle kan join as julle op facebook is. Soek maar net vir “Riekert Cloete Photography”.


3. Website

My website is ook UITEINDELIK opgedateer. Gaan loer gerus bietjie as julle n kans kry. http://www.rcphoto.za.net/


4. Ander fotografie

Ek is geleidelik besig om my besigheid bietjie uit te brei om verskillende tipe fotografie ook toe doen. So as julle weet van mense wat ander tipe werk soek, stuur gerus aan.

Ek hoop die winter is darem nie te koud nie en hoop ons loop mekaar weer raak op 'n troue êrens!

Weereens baie dankie vir al die verwysings.
Groete

Riekert

Monday, June 9, 2008

Terug in die regte wêreld...


Die naweek in Tulbach was rerig fantasties gewees. Ek het Pierre en Anli se troue gedoen.

Wat dit so lekker gemaak het is die feit dat ek so baie mense geken het. Ek was ook die sidekick (Bridesmaid) se sidekick (date).


Van die sneeu het toe niks gekom nie. Dit was wel lekker chili in die aand. n Regte wintertroue. Anli was baie braaf met die fotosessie. Ons het die mooiste setting gehad vir die fotos en ek het ook die 1ste keer bietjie my nuwe sambrele en nuwe D300 uit probeer.


Die verdict: SUKSES


Ek het net vreeslik rongehardloop om batterye te ruil want my een flash word geaktiveer met die ander flash. So elke keer as iemand n foto neem dan gaan my flash af. Ek dink die gaste sal baie in hulle skik wees met die goeie beligting op hulle fotos . :)


Ek sal julle op hoogte hou oor hoe die fotos toe uitgekom het.


groete!

Riekert

Friday, June 6, 2008

Begin by die Begin



Met die dat die trou seisoen ook nou tot n einde gekom het, het ek besluit dat ek n biejie meer van die internet moet gebruik vir my fotografie. Dit is immers n besigheid...

Nou gaan ek n poging tot blogging aanwend ook. Hopelik vind jy dit interesant.

More het ek n troue in Tulbach. Ek het gehoor dit gaan dalk sneeu. EK KAN NIE WAG NIE!
Imagine troufotos in die sneeu... wow...
Sal julle op hoogte hou.

Groete uit n koue rekenaarkamer laat op n vrydagaand
Riekert