Wednesday, June 25, 2008

Photoshop, lightroom of ACDSee



Mense wat meer van fotografie begin leer vra my soms watse sagteware hulle moet koop.


My 1ste raad aan hulle is gewoonlik om te kyk wat is op die cd wat saam met die kamera gekom het. Speel bietjie rond daarmee.As jy nog steeds voel dis nie voldoende nie, kyk dan eers rond.


Photoshop


Die big daddy van Editing-sagteware was nog altyd Adobe Photoshop gewees. Hy was dan gewoonlik ook die duurste. CS2 en CS3 is opgedateerde weergawes hiervan. Twee jaar terug sou ek vir jou gesê het: "Koop Photoshop en jy gaan nooit terugkyk nie". Dit bly 'n amazing program maar daar is ander opsies ook.


ACDSee


Wat in 1997 begin het as 'n thumbnail viewer het intussen uitgebrei tot 'n taamlik volledige Editing-program. As jy nie sooo rekenaargeletterd is nie sou ek verseker dié voorstel.


Picassa


Google het Picassa uitgebring in 2004 as 'n gratis program. Meer limited as ACDSEE maar die voordeel is: dis gratis.


Lightroom


In 2006 bring Adobe 'n nuwe program uit genaamd Lightroom. Dis gemik op professionele fotograwe wat met foto's werk en nie noodwendig dankiesê-kaartjies wil maak nie. Deur fotograwe vir fotograwe. Die tweede weergawe (beta version) kan nou verniet afgelaai word vir 30 dae se gebruik.


Die res


Daar is 'n legio ander programme wat ek ongelukkig glad nie ken nie en dus ook nie 'n uitspraak oor kan lewer nie. My ondervinding is maar met die boonste 4.




Gevolgtrekking


As jy geld wil spandeer en rekenaarkennis het gaan vir Lightroom. Ek dink dis die toekoms van Photo editing, dis waarheen dit beweeg. Daar is 'n paar tekorkominge, maar wanneer hulle die finale weergawe loslaat gaan dit amazing wees. Soos alles in die lewe moet jy mooi gaan dink wat jy wil doen met die produk en daarvolgens jou keuse maak.

No comments: