Monday, November 24, 2008

Luilekker troue

Ons het Sondag 9 Nov Hanno en Lana se troue by Skilpadvllei gevier. Wat dit rerig spesiaal gemaak het is dit haar ouers en my ouers baie goeie vriende was van jonk af en was dit ook lekker vir my en Iza om saam met my ouers aan n tafel te kon sit. Dit was rerig n lekker kuier troue.
Hanno en Lana was baie verlief en ek dink almal was jaloers op die spesiale band wat die twee het. Hulle fotos het dit ook duidelik weerspiel.Stellenbosh was weer sy ou fotogeniese self en ons het ook die mooiste wingerdfotos gekry. Ek mos op my kar se dak staan om die perfekte shots te kry. (ek dink ek moet maar n roof rack aanskaf...)

Click hier vir hulle fotos

Die sewe jaar couple

Chantal en Stefan het omtrent 7 jaar uitgegaan voor hulle getrou het by Mooikelder net buite die Paarl.Wat my die meeste opgeval het was hoe ongelooflik verlief die 2 was. Hulle kon mekaar letterlik nie uitlos nie.Ek kan sien dat die twee op 90 eendag nog steeds gaan hande vashou en liefdevol wees.

Ons het absolute stunning weer gehad met so klein briesie wat ons darem koel gehou het. Die diens was buit in die tuin.Ons het fotos sommer net daar op die venue gedoen. Die hoogtepunt is sulke klomp kratte wat eenkant gestaan het. Mooiste teskture het saam met die beligting n pragtige backdrop gevorm.

Ons is daarna die onthaal binne na ons lekker geeet het en al die formaliteite afgehandel het, het die mense behoorlik begin dans.Jan Dorfling het my vandag gehelp en sommer self n paar foto`s ingekry.
Click hier om hulle fotos te loer.

Die Burger Bruid

Julle het seker almal van die bruid gelees in die burger wie se trourok net voor die troue gesteel is. Haar naam is Lisa en sy en Danie het Saterdag 1 November net buite Stellenbosch op hulle plaas getrou. Dit was miskien nie die rok wat sy beplan het nie, maar.... Sy het ongelooflik gelyk.

Ek het die vrydag kans gekry om gou na die venue te gaan loer en hulle het gewoel en gewerskaf dat die biesies bewe.
Die troue het laatmiddag begin en met van die gaste wat laat was, was alles laat. Dit het beteken dat ons op die ou einde net 25 min gehad het vir couple fotos. Nogals frustrerend omdat ons die ongelooflikste setting en lig gehad het. Met die son in die agtergrond en wolke wat kontras gegee het, het die bietjie foto's wat ons wel kon neem awesome uitgekom. EK dink die tip hieruit is:"maak liewers jou troue vroer as later"

By die onthaal het hulle die mooiste atmosfeer geskep deur konsol bottles (soos in ingelegde PErske bottels) met water halfpad te vul en n kersie daarop te laat dryf. Die het hulle dan gehang uit die dak uit met lang stukke draad. Nog n hoogtepunt is dit Addamsappel (n akkapella groep waarvan Danie n lid is) opgetree het by die troue. Sjoe daai ouens kan sing!
Toe ons weg is het hulle roomys vir die gaste opgeskep as nagereg vanaf n properse roomysstalletjie op die dansvloer.

Click hier vir hulle fotos







Click hier om hulle fotos te sien

Tzaneen se woude

2000km noord van Kaapstad is waar ek en IZa Saterdag 25 Oktober was vir Daniel en Esti-mari hulle se troue.Met die klimaat en plantegroei wat ongelooflik verskil het van die Wes-Kaap was die fotos omtrent n ondervinding in half gewees. Hulle het getrou op Esti-Mari se ouers se gronde en dit was baie spesiaal.
Ons het hulle foto's in n woud gedoen wat die mooiste kleure en teksture gehad het. Met die son wat vinnig sak in die Noorde van SA moes ons gou speel om nog die laaste lig te vang.
Die onthaal was hoog in die berge by Mosiac. Die atmosfeer was ongelooflik en die kos heerlik. Loer gerus na hulle foto's by


Friday, November 7, 2008

Roadtrip



Ons was weg vir 2 weke. n troue in Tzaneen gehad en sommer n behoorlike roadtrip daarvan gemaak. Die lekker ding was dat behalwe dat ons baie gerus het, baie geeet en baie friends gekyk het, het ons ook tyd geky om bietjie social foto's te neem. As julle wil loer na hulle click hier.

Toe ons terugvlieg sê ek vir Iza dit voel nie asof ons behoorlik gerus het nie. Maar as jy weer aan die gang kom in die Kaap dan voel jy die verskil in jou lyf. Dit was rerig great gewees.

My trouseisoen is weer in volle swang en 2 troues later woel ons om voor te bly. Met al my nuwe speelgoed is ek geleidelik besig om die stuff onder die knie te kry en is ek baie excited oor die volgende paar weke se troues.

As jy dus n gas is by een van die troues, kom se gerus hallo

Oor en uit!

Riekert

Die twee donkerkoppe

Ek was al relatief vroeg op vanoggend (enigiets voor 9 am is vroeg vir my). Die weird ding was dat selfs al was dit my en Iza se 5de troue 4 weke, het ek hierdie ongelooflike behoefte gehad om die beste foto's ooit te neem. Dit was asof dit my eerste troue was. Dit wys jou net hoe maklik dit is om opgewonde te raak oor iets wat jou passie is...
ok, na my Oprah-oomblik, terug na die troue...

Moedergemeente Stellenbosch en Kano was die 2 persele wat die troue gehuisves het. Christo en Carla was die paartjie.En Stellenbosch se omgewing was ons poskaarte. Stellenbosch het soveel fotoplekke. Mens kan 100 troues daar doen en almal se foto’s gaan verskil.Ons het die mooiste abstraktekunsstruktuur gekry wat so interessant was.

Kano was, soos in die verlede, weer op hulle stukke. Iza was besonders beïndruk met hulle slaai (al slaai wat ek van hou, is biltongslaai).Na ‘n lang dag het ek nou dadelik die foto’s afgelaai om te begin loer wat die dag vir ons opgelewer het.

In die Wolke

Ek het Saterdag seker een van die mooiste venues in die Wes-Kaap gesien. Oppad Franschhoek toe van Stellenbosch, bo-op die Helshoogtepas, lê "The Clouds".ONGELOOFLIK! Hulle het op ‘n dek getrou met 360 grade berge reg rondom. Die lente was uiteindelik hier en die blou lug het die prentjie voltooi.

Alison was so bietjie benoud voor die tyd, maar die troue het perfek verloop. Hulle is rêrig ‘n oulike couple en mal oor mekaar. Dit was so duidelik op die foto's na die tyd.

Die dag het gevlieg en toe ons weer sien toe pak ons op. Voete seer en vol smiles is ons huis toe.Allison was baie in haar noppies (wat beteken noppies in elk geval?) met die album wat ons vir hulle gedoen het.

Loer gerus na hulle fotos. Click op die opskrif

Stellenbosh die ultimate foto spot

Werner en Lelani in Stellenbosch getrou. Na ek en Iza geworstel het met parkering het ons n stampvol kerkie ingestap. Ds Cassie Carstens het gepreek en dit was lekker om hom en n ander paar ou vriende raak te loop.

Na ons vinnig n paar familie foto's voor die mooiste ou kerkdeur geneem het, is ons na onder-papegaai berg toe om met hulle couple foto's te begin.Daar is die coolste BMX baan daar onder sulke hoe bome. Die voordeel is dat die beligting goed is en ons het spasie. Ek het ook die mooiste sonlig gehad wat deur die bome gekom het. Die paartjie is baie fotogenies en hulle was so gemaklik voor die kamera.

Van daar af is ons na Bosmans Crossing waarek die mooiste ou muur ontdek het. Dit het die foto's n baie "urban" feel gegee. Ek is so spyt ons het nie meer tyd daar gehad nie.

By die onthaal gekom, sien ek grootste dansbaan wat ek nog gesien het nie. Die twee het omtrent daai dansvloer aan die brand gedans en die gaste was nie ver agter nie.
Loer gerus na die foto's. Click op die opskrif.

Mazeltov!

Dinsdag, 23 September, was ek by een my interessantste troues nóg gewees. ‘n Joodse troue!
In regte eendeweer het ek en Iza opgedaag by Simone waar sy besig was om klaar te maak. Die Kaap van Storms was weer sy ou self en ons moes bonstaan met die wind en weer. Sy het STUNNING gelyk. Mens moes 2 keer kyk om sekerte maak dis nie Penélope Cruz nie.

Die diens en onthaal was by Backsburg tussen Stellenbosch en Paarl. Anthony (die bruidegom) is self ook ‘n fotograaf en ek was nogal kwaai op my senuwees. My maag draai, maar voor elke troue al lyk ek so in beheer.

Joodse troues is WAY different as dié waaraan ek gewoond is en ek moes my Hebreeuse skills uitpluk om by te bly (ok, ok, ek verstaan nie rêrig Hebreeus nie). Daar is so baie dinge wat in die diens gebeur en dit was omtrent fassinerend gewees. Ek moes heeltyd myself herinner om foto's ook te neem.

Na die diens het ons die weer aangedurf en is Simone met my wit gumbootse die pruimboorde in. Ons het maar tussendeur gekoes vir die reën en het uiteindelik stunning foto’s gekry. Die kleure in die bewolkte toestande was ongelooflik.

En toe die onthaal...
Anthony het my gewaarsku, maar ek was nie voorbereid gewees nie. Soos die bruisdpaar instap toe begin daai mense dans. Tradisionele danse op hulle musiek. Ek wou begin borde stukkend gooi toe keer Adriaan (assistent) my en sê dis nie Griekse troue nie. In elk geval, die couple was op stoele 2 meter die lug in, het op ‘n laken die lug in geskiet, tou gespring en meer gemosh as wat jy by ‘n Nirvana-konsert gaan sien. En dan praat ek van ooms, tannies, vriende, almal!. Ek dink ek het tot die Rabbi gesien ritme hou met sy linkervoet.Na alles tot bedaring gekom het, was die res taamlik normaal. Alles was wel in oorvloed.

Sjoe, daai mense WEET hoe om te onthaal. Hierdie was verseker een van my hoogtepunte die jaar en een troue wat ek lank nog sal onthou!

Alfred se song

"‘n Romantiese piekniek, net vir een
Soos ‘n cappucino sonder room
soos ‘n seevakansie sonder son
Soos ‘n huilfliek sonder trane
so is dit sonder jou"

My goeie vriendin Elmarie en Alfred het op Saterdag, 20 September getrou. Die woorde hierbo is wat sy geskryf het terwyl hy in Engeland was. En sy hier.

Ek het die voorreg gehad om die love story van die begin af te sien ontvou. En des te meer die voorreg om deel te kon wees van hulle troue.
Iza het Elmarie se grimering gedoen. El het omtrent gestraal. Dalk die grimering, dalk El se opgewondenheid. Ek probeer nog uitfigure.
Met El se fotosessie voor die tyd het die klomp omtrent hulleself doodgelag vir my pogings om vir El te demonstreer presies hoe ‘n model op ‘n loopplank afloop. Hein het ongelukkig bewyse van my powere pogings. Ek het soos Riekert Crawford gevoel.
Ek het omtrent helfte van die gaste geken en kon ook vir ‘n slag aan die einde van die aand my kamera wegsit en bietjie die dansbaan aandurf.