Monday, November 24, 2008

Die Burger Bruid

Julle het seker almal van die bruid gelees in die burger wie se trourok net voor die troue gesteel is. Haar naam is Lisa en sy en Danie het Saterdag 1 November net buite Stellenbosch op hulle plaas getrou. Dit was miskien nie die rok wat sy beplan het nie, maar.... Sy het ongelooflik gelyk.

Ek het die vrydag kans gekry om gou na die venue te gaan loer en hulle het gewoel en gewerskaf dat die biesies bewe.
Die troue het laatmiddag begin en met van die gaste wat laat was, was alles laat. Dit het beteken dat ons op die ou einde net 25 min gehad het vir couple fotos. Nogals frustrerend omdat ons die ongelooflikste setting en lig gehad het. Met die son in die agtergrond en wolke wat kontras gegee het, het die bietjie foto's wat ons wel kon neem awesome uitgekom. EK dink die tip hieruit is:"maak liewers jou troue vroer as later"

By die onthaal het hulle die mooiste atmosfeer geskep deur konsol bottles (soos in ingelegde PErske bottels) met water halfpad te vul en n kersie daarop te laat dryf. Die het hulle dan gehang uit die dak uit met lang stukke draad. Nog n hoogtepunt is dit Addamsappel (n akkapella groep waarvan Danie n lid is) opgetree het by die troue. Sjoe daai ouens kan sing!
Toe ons weg is het hulle roomys vir die gaste opgeskep as nagereg vanaf n properse roomysstalletjie op die dansvloer.

Click hier vir hulle fotos







Click hier om hulle fotos te sien

No comments: