Friday, November 7, 2008

Die twee donkerkoppe

Ek was al relatief vroeg op vanoggend (enigiets voor 9 am is vroeg vir my). Die weird ding was dat selfs al was dit my en Iza se 5de troue 4 weke, het ek hierdie ongelooflike behoefte gehad om die beste foto's ooit te neem. Dit was asof dit my eerste troue was. Dit wys jou net hoe maklik dit is om opgewonde te raak oor iets wat jou passie is...
ok, na my Oprah-oomblik, terug na die troue...

Moedergemeente Stellenbosch en Kano was die 2 persele wat die troue gehuisves het. Christo en Carla was die paartjie.En Stellenbosch se omgewing was ons poskaarte. Stellenbosch het soveel fotoplekke. Mens kan 100 troues daar doen en almal se foto’s gaan verskil.Ons het die mooiste abstraktekunsstruktuur gekry wat so interessant was.

Kano was, soos in die verlede, weer op hulle stukke. Iza was besonders beïndruk met hulle slaai (al slaai wat ek van hou, is biltongslaai).Na ‘n lang dag het ek nou dadelik die foto’s afgelaai om te begin loer wat die dag vir ons opgelewer het.

No comments: