Friday, November 7, 2008

Alfred se song

"‘n Romantiese piekniek, net vir een
Soos ‘n cappucino sonder room
soos ‘n seevakansie sonder son
Soos ‘n huilfliek sonder trane
so is dit sonder jou"

My goeie vriendin Elmarie en Alfred het op Saterdag, 20 September getrou. Die woorde hierbo is wat sy geskryf het terwyl hy in Engeland was. En sy hier.

Ek het die voorreg gehad om die love story van die begin af te sien ontvou. En des te meer die voorreg om deel te kon wees van hulle troue.
Iza het Elmarie se grimering gedoen. El het omtrent gestraal. Dalk die grimering, dalk El se opgewondenheid. Ek probeer nog uitfigure.
Met El se fotosessie voor die tyd het die klomp omtrent hulleself doodgelag vir my pogings om vir El te demonstreer presies hoe ‘n model op ‘n loopplank afloop. Hein het ongelukkig bewyse van my powere pogings. Ek het soos Riekert Crawford gevoel.
Ek het omtrent helfte van die gaste geken en kon ook vir ‘n slag aan die einde van die aand my kamera wegsit en bietjie die dansbaan aandurf.

No comments: