Monday, November 24, 2008

Die sewe jaar couple

Chantal en Stefan het omtrent 7 jaar uitgegaan voor hulle getrou het by Mooikelder net buite die Paarl.Wat my die meeste opgeval het was hoe ongelooflik verlief die 2 was. Hulle kon mekaar letterlik nie uitlos nie.Ek kan sien dat die twee op 90 eendag nog steeds gaan hande vashou en liefdevol wees.

Ons het absolute stunning weer gehad met so klein briesie wat ons darem koel gehou het. Die diens was buit in die tuin.Ons het fotos sommer net daar op die venue gedoen. Die hoogtepunt is sulke klomp kratte wat eenkant gestaan het. Mooiste teskture het saam met die beligting n pragtige backdrop gevorm.

Ons is daarna die onthaal binne na ons lekker geeet het en al die formaliteite afgehandel het, het die mense behoorlik begin dans.Jan Dorfling het my vandag gehelp en sommer self n paar foto`s ingekry.
Click hier om hulle fotos te loer.

No comments: