Friday, November 7, 2008

Mazeltov!

Dinsdag, 23 September, was ek by een my interessantste troues nóg gewees. ‘n Joodse troue!
In regte eendeweer het ek en Iza opgedaag by Simone waar sy besig was om klaar te maak. Die Kaap van Storms was weer sy ou self en ons moes bonstaan met die wind en weer. Sy het STUNNING gelyk. Mens moes 2 keer kyk om sekerte maak dis nie Penélope Cruz nie.

Die diens en onthaal was by Backsburg tussen Stellenbosch en Paarl. Anthony (die bruidegom) is self ook ‘n fotograaf en ek was nogal kwaai op my senuwees. My maag draai, maar voor elke troue al lyk ek so in beheer.

Joodse troues is WAY different as dié waaraan ek gewoond is en ek moes my Hebreeuse skills uitpluk om by te bly (ok, ok, ek verstaan nie rêrig Hebreeus nie). Daar is so baie dinge wat in die diens gebeur en dit was omtrent fassinerend gewees. Ek moes heeltyd myself herinner om foto's ook te neem.

Na die diens het ons die weer aangedurf en is Simone met my wit gumbootse die pruimboorde in. Ons het maar tussendeur gekoes vir die reën en het uiteindelik stunning foto’s gekry. Die kleure in die bewolkte toestande was ongelooflik.

En toe die onthaal...
Anthony het my gewaarsku, maar ek was nie voorbereid gewees nie. Soos die bruisdpaar instap toe begin daai mense dans. Tradisionele danse op hulle musiek. Ek wou begin borde stukkend gooi toe keer Adriaan (assistent) my en sê dis nie Griekse troue nie. In elk geval, die couple was op stoele 2 meter die lug in, het op ‘n laken die lug in geskiet, tou gespring en meer gemosh as wat jy by ‘n Nirvana-konsert gaan sien. En dan praat ek van ooms, tannies, vriende, almal!. Ek dink ek het tot die Rabbi gesien ritme hou met sy linkervoet.Na alles tot bedaring gekom het, was die res taamlik normaal. Alles was wel in oorvloed.

Sjoe, daai mense WEET hoe om te onthaal. Hierdie was verseker een van my hoogtepunte die jaar en een troue wat ek lank nog sal onthou!

No comments: