Friday, November 7, 2008

In die Wolke

Ek het Saterdag seker een van die mooiste venues in die Wes-Kaap gesien. Oppad Franschhoek toe van Stellenbosch, bo-op die Helshoogtepas, lê "The Clouds".ONGELOOFLIK! Hulle het op ‘n dek getrou met 360 grade berge reg rondom. Die lente was uiteindelik hier en die blou lug het die prentjie voltooi.

Alison was so bietjie benoud voor die tyd, maar die troue het perfek verloop. Hulle is rêrig ‘n oulike couple en mal oor mekaar. Dit was so duidelik op die foto's na die tyd.

Die dag het gevlieg en toe ons weer sien toe pak ons op. Voete seer en vol smiles is ons huis toe.Allison was baie in haar noppies (wat beteken noppies in elk geval?) met die album wat ons vir hulle gedoen het.

Loer gerus na hulle fotos. Click op die opskrif

No comments: