Saturday, September 20, 2008

Websites


Yip, My blog en group was bietjie stil gewees afgelope tyd. Rede was omdat ek bietjie op "vakansie" was met fotos. Ek het n volle 5 weke afgehad. Dit was hemels. Goed om bietjie weer die batterye te recharge.Ek het nou weer 5 troues in n ry, so die break was rerig great gewees.


Mense vra my gereeld oor hoe hulle, hulle fotografie kan verbeter.

Ek het 2 groot tips.
1. Lees, luister en kyk na soveel info wat jy kan kry.
2. Vliegure. Spandeer soveel tyd as moontlik op jou kamera.

Ek gaan bietjie vandag gesels oor punt 1.

Die Internet het absoluut fotografie kom oopbreek. Dis n praktiese voorbeeld van Globalisation.Jy kan gebook word deur mense wat in Kanada sit. Jy kan ook leer van iemand wat in Hong Kong sit. Daar was nog nooit in die geskiedenis n beter tyd om fotografie te doen nie as nou nie. Ek wil graag vir julle van n paar websites vertel wat julle dalk sal inspireer en laat groei

1. YouTube.com
Tik gerus "photography" of iets soortgelyks. Daar is letterlik duisende videos oor fotografie. Loer gerus na die link oor off camera flash met speedlights.
http://www.youtube.com/watch?v=bUOfBY05_K8

2. Kenrockwell.com
Een van die eerste websites waareen ek gewoonlik gaan wanneer ek wil oplees. Die ou is baie reguit en gee gewoonlik baie akkurate reviews. Hy het baie interesante artikels oor fotografie self ook.

3.Steves-digicams.com
Die is meer n website vir produkte. As jy n nuwe kamera soek is die gewoonlik die plek om te begin.


4. Podcasts
Dit is gewoonlik artikels in Audio formaat. n Fotograaf sal n praatjie he oor bv shutterspeed en dit dan opneem. Jy kan dit aflaai en either op jou Ipod speel of luister op enige ander MP3 speler.Een voorbeeld is http://www.thedigitalstory.com/podcast. Jy kan gratis Mp3's daar aflaai.

5.Pix.co.za
n RSA tydskryf wat elke 2 maande uitkom. Gaan soek dit in CNA as jy kans kry. Ek hou al myne. Die artikels bly relevant en leersaam.

6.bhphotovideo.com
Alhoewel ek daarin glo om eerder RSA produkte te koop, voel ek nog steeds ingedoen deur ons "groot" labels in RSA. Ek kan nou nog nie glo dat ons in die fotografie winkel in RSA soveel meer moet betaal as iemand in London, New York of Sydney. Daarom koop ek eerder my produkte op die internet. Mens moet versigtig wees en besef dis n effort as iets breek. Ek soek eerste by BhPhotovideo in die VSA. Speel gerus bietjie op hulle site rond.

Ek hoop jy kon darem iets wys word. Speel bietjie op my blog/site rond as jy n kans kry. http://www.rcphoto.za.net/
As jy lus is, join gerus my facebook group
Groete!
Riekert

Make-up, Hare, Wyn, Fotos...

"Dit voel weird om die kant te wees" was Ellma se eerste woorde toe ek instap.

Haarkapper en grimeer kunstenaar, Ellma en Wynmaker Rehan het getrou in die Paarl.
Wat veronderstel was om n "wintertroue" te wees, uit uitgedraai op n tipiese somersdag.

Ek en Ellma het al n paar keer saam gewerk en ek was nogals gevlei toe sy my vra om hulle fotos te doen. Sy doen ook gereeld troues en ken die bedryf goed.

Sy het gese dit was baie anders om op die stoel te sit as om te staan en n diens te verskaf. Dit was rerig n stunning troue en dis altyd lekker om troues te doenwaar jy weet die paartjie is bedoel vir mekaar. Dit maak die fotos net soveel makliker.
Ons het voor die Paarl se stadsaal begin met hulle couple fotos. Ek wou so n bietjie outydse "razzle dazzle" feel in die fotos insit en die pilare het rerig goed gewerk.Van daar is ons na Picardi toe en opgegaan in die berg en n paar fotos gaan neem. Hulle was baie gemaklik en overall was ek baie gelukkig met hoe die fotos uitgekom het.
Die troue self was n groot sukses en ek dink hulle het tot Laaaaat gekuier.
Gaan loer gerus na paar van hulle fotos.