Saturday, March 28, 2009

Op die aanloopbaan - 28 Feb 09

Trourokke kan baie keer nogals dieselfde lyk maar Belinda se rok was een van die mooistes wat ek in n lang tyd gesien het. Sy het in Stellenbosch by Beauclair gastehuisaangetrek en dit was so lekker om genoeg tyd, genoeg lig en mooi dekor te hĂȘ vir die fotos.
Du Toit is n vegvlienier en hy het n haar gevra om te trou op die aanloopbaan met vegvliegtuie wat in gelid spesiaal oor hulle kom vlieg het.
Hulle diens was in Stellenbosh United Church. Oulike kerk in die middel van Stellenbosch. Na hulle foto's is ons Stellenrust toe waar hulle onthaal was. Omdat Stellenrust n lekker groot venue is, is daar baie dansplek.
Sien gerus hulle fotos hier.

No comments: