Saturday, March 14, 2009

Lanzarac se windgerde - 21 Feb 09

Ek en Iza was al taamlik vroeg by Lanzarac om Tammy en Rick se troue te doen. Dis altyd so lekker as alles sommer op een venue gebeur.Hulle troue het al 3 uur begin en na die diens het hulle n "high tee" gehad. Dit was so anders en so lekker. Natuurlik gehelp dat hulle net 16 gaste was. Die couple het saam met die gaste gekuier vir seker n uur.

Ons het hulle foto's toe sommer ook daar op die venue gedoen. Lanazarac het n baie mooi laning, winderde en ook n stunning berg as agtergrond.Omdat Tammy n donker vel het en Rick n ligte vel, het ek besluit om n silver reflektor te gebruik om bietjie "fill in" beligting op Tammy te sit. Dit het uitstekend gewerk en ek is rerig tevrede met hulle foto's

Na die foto's het almal eers verfris en toe het hulle cocktails gehad. Tammy het n pers cocktail rokkie gaan aantrek.

Op n ander noot wil ek net noem dat ek rerig beindruk was met Lanzarac se diens. Baie keer kan venues amper mislik wees met ons diens verskaffers. Lanzarac het ons ook op die hande gedra. Mens kan sien hoekom hulle n 5 ster hotel is. Ek kan hulle verseker aanbeveel. Click hier vir hulle fotos.

No comments: