Tuesday, April 7, 2009

Sunset in Langverwacht

Die was een van die eerste troues in n lang tyd wat ek weer sonder n assistent gewerk het. Ek moes omtrent bontstaan om alles gedoen te kry. Gelukkig het Stefan (een van die bestment) my uitgehelp gedurende hulle fotosessie.
Grant en Retha het by Langverwacht getrou. Die is seker my 6de troue by Langverwacht en dis altyd n lekker venue. Hulle is baie georganiseerd en maak dinge baie maklik vir almal. Die diens was bietjie langer as wat beplan is, en ons fototyd was taamlik korter. Ten minste toe ons bietjie later met die fotosessie besig was, kon ons die sonsondergang perfek vang. Ek sou dalk net nog so extra 5 minute wou gehad het.

Sien gerus hulle foto's hier

No comments: