Monday, January 19, 2009

Die Kaap en sy weer - 29 Dec 2008

Ek en Iza is vroegmiddag deur die PAarl tonnel oppad Rawesonville toe. Half bekommerd dat ons gaan doodgaan van die hitte, het ons ons heeltemal misgis met die weer. Nie eers amper het dit deur my gedagtes gegaan dat dit dalk kan reen nie. Op die einde moes die arme gaste omtrent bontstaan met my wat n groepsfoto wou neem en die reen wat ons bly terg.

Chris en Monique het by die moedegemeente in RAwsonville getrou en hulle onthaal was op die "Du Preez" landgoed. Hulle het die mooiste tent buiteop die gras gehad en dit was omtrent idilies.
Hulle troue was ook eers 17:30 so ons moes wikkel met hulle fotos. Met die dat die son agter die berg gesak het, was die lig baie egalig en gelyk. Die twee was so gemaklik voor die kamera so my werk was baie maklik gewees. Die twee gee tans onderwys in London en ek dink dit was vir hulle baie lekker om tussen op Afrika gronde se wynlande te trou. Sien hulle fotos hier

Dit was ook ons laaste troue van die jaar en dit was n absolute verrassing om vir Dennis en Recia raak te loop. Hulle was my eerste troue van 2008 en die beste van alles is dat hulle n seuntjie verwag. Dennis dink daar is dalk magic in my kamera. (Ek hoop so...)

1 comment:

ThunderStorm said...

This is beautiful.
I absolutely love it.
You're inspiring.