Monday, January 19, 2009

The boy and Girl next door - 11 Dec 2008

Ek en Iza het weer saamgespan vir Greame en Charle se troue. Tweede keer in twee weke wat ons weer by Rickety Bridge in Franchhoek is, het ons die keer DERUGEJAAG van Durbanville af. Blybaar was die bruidskar op n stadium op 190kmph. Ek en Iza het probeer byhou maar het vinnig opgegee.

Hulle diens was buite op die gras onder n reuse skaduboom. Dit het die beligting darem maklik gemaak. Ons het die mooiste berge as agtergrond gehad en dit was rerig n stunning troue.

Greame en Charle was vriende van baie klein af. Altwee het kom medies swotin die Kaap en dis hier waar die romanse begin het. Die lekkerste van die fotos was dat hulle na 7 jaar nog steeds so verlief is.Dit maak my fotos baie maklik!

No comments: