Wednesday, May 27, 2009

Nuwe site..nuwe blog..nuwe dinge...coming soon...

Julle sal sien dat my blog bietjie stil was die afgelope paar weke. Ons is besig om my hele site oor te doen. En dit sluit die blog gedeelte in. Ek is baie opgewonde en kan nie wag om die nuwe site lewendig te maak nie. As julle enige idees het oor wat julle wil sien email my asb. As dit prakties is, mag ek dit dalk net gebruik. stuur na riekman@yahoo.com

Op n ander noot geniet ek en Iza die winter vreeslik baie. Nuus is dat ons in April verloof geraak het, so ons is self nou in julle bootjie. Reelings reelings reelings!

Almal se eerste vraag is natuurlik: Wie gaan julle fotos doen? Goeie vraag. Ek ken paar fotograwe taamlik goed. Mens moet nou besluit of jy wil hĂȘ jou vriende moet werk op jou troue.
Ons sal maar sien. We will keep you posted.

Verder gaan ek die Saterdag fliek en rugby kyk. Nes normale mense. Kan nie wag nie!

oor en uit
Riekert

1 comment:

Anneliese said...

Baie geluk met julle verlowing! Geniet die exciting tyd en als van die beste vir julle toekoms saam!

Ek geniet die om jou foto's te kyk - wat jy van ons geneem het maar ook ander troues! Sien uit daarna om jou nuwe site en blog te sien.