Monday, February 16, 2009

Die boland het ook ooptes - 30 Jan 09

Ilke was een van daai bruide wat n fotograaf se droom is. Waar ander bruide gewoonlik n rukkie vat om aan die gang te kom, Was Ilke reg van die begin af. Ek moes net voorbly met die kamera.

Hulle diens was by Durbanville Moedergemeente en onthaal by Eensgezind.

Met hulle shoot het ons na afgelee pad anderant Eensgezind gegaan. Die kleure op die fotos was rerig cool en waar Hannes Ilke se teenoorgestelde was t.o.v. die fotos in die begin het hy later lekker ontspan en was hulle as n couple awesome voor die kamera.


Die hoogte punt was aan die einde van die aand toe Hannes vir my gese het dat hy amper nie omgee oor die fotos lyk nie, die manier wat ons hulle hanteer het was vir hom great. Het die fotosessie sommer baie geniet.

Sien hulle fotos hier.

Note en sketse - 24 Jan 09

Ek en Iza was middel Januarie in die States vir n troue....die Oranges Free states.Frits en Isabel se troue was by Moolmanshoek in die middel van die Vrystaat. Ons moes vlieg tot in Bloem en het Vrydag en Saterdag in Rosendal oorgeslaap.Rosendal is n klein dorpie wat daar nie veel aangaan nie. MAar was dit nou lekker om weg te kom van die stad se gejaag.

Isabel het die ongelooflikste "entrance" gemaak. Sy het op n koets aangekom oor n stuk gras met omtrent 70 wilde perde wat almal na hulle asem laat snak het toe hulle aangehardloop gekom het. Die gaste het in n woud gesit en woordeloos gestaar en geluister. Dis so jammer dat foto's nie kan klank vasvang nie en ek dink die foto's wat ek geneem het, sal nooit die ervaring kan weergee nie.
Na die diens het ons gou groepsfotos gedoen en het toe die twee se fotos in grasvelde en n ander woud gedoen. Ek het lekker gelag vir die twee se interaction en ek dink hulle het die fotosessie ook baie geniet. Dit help natuurlik ook dat hulle baie fotogenies is.
Frits was altyd deel van die sanggroep "Navy Red" en die paartjie gaan nou London toe waar Isabel n argitek is en Frits die musiek verruil vir die IT bedryf wat hy destyds geswot het.
Ons het ook paar ander celebs op die troue gesien maar ongelukkig kan hierdie fotograaf niks meer onthul nie...
Dankie julle twee vir die lekker naweek en die voorreg om julle foto te kon doen. Dit was rerig n onvergeetlike naweek.
Sien gerus hulle fotos hierso.

Juffrou en Meneer! - 9 Jan 09

Rudy en Hanri het Vrydag die 9de Jan getrou by Kronenburg net buite die Paarl. Omdat dit n vrydagmiddag troue was moet al die gaste maar wikkel in die verkeer om betyds te wees.
Ek en Iza was lekker vroeg by Hanri en ons het geskater van die lag vir haar en haar sussie met die aantrekkery.

Rudy en HAnri het mekaar ontmoet op Wellington waar hulle altwee onderwys geswot het. Die liefde het begin blom en Kronenburg was uiteindelik die plek waar hulle, hulle bruilof gevier het.

Ons het hulle fotos in die Paarl se hoofstraat gedoen en toe uitgewyk wingerde toe.

Kronenburg se dansbaan is lekker groot en almal was vroeg vroeg al lus vir dans. Tot haar Oupa "Got jiggy with it".

Hulle fotos is hier.

Net na Nuwe jaar - 3 Jan 09

Andre en Anneliese het Saterdag 3 Jan by Morgenhof getrou. Met meeste mense wat dalk nog bietjie tam was na Nuwejaar was die klomp omtrent reg vir partytjie hou. Hulle gaste was uit alle uithoeke van die Wereld.

Die diens was in n tipe van n stal en die briesie wat deurgewaai het was baie welkom. Ons het hulle foto's gedoen sommer op Morgenhof. Onder andere bietjie n extra flash as separation light gebruik. Die weer was perfek gewees en ons het toe van die foto's in die wingerde gedoen.
Dit was die perfekte troue om die jaar mee af te skop.Geniet Switserland julle twee!Loer gerus na hulle fotos by

Monday, January 19, 2009

2009, nuwe jaar en nuwe dinge

2008 het omtrent vinnig verby gevlieg. Ek dag dis winter en eweskielik is Desember verby. Dit was omtrent n besige jaar. Klomp nuwe dinge geleer en idees opgetel. Nuwe toerusting aangekoop asook bietjie begin network met meer fotograwe.

Ek is baie opgewonde oor die rigting waarheen troufotografie beweeg. Dis amper asof my kolegas almal nuwe potensiaal sien. Met soveel nuwe info en inspirasie van ander fotografie industries kan ek nie was om terug te kyk oor 2009 en te sien waarheer ons gegroei het nie.

Die blog wat ek hierdie jaar begin het, was ook verrassend aangenaam. Ek wens net ek het bietjie meer tyd gehad om te kon skryf. Ek hoop julle het darem nut uit dit uitgekry en darem bietjie die stories agter die couples gelees.

Toe ek vandag op Cape Weddings gaan toe sien ek VYF bruide by Nov/Dec van my waarvoor julle kan stem. Gaan loer asb na hulle fotos en stem, stem,stem.
Dankie vir julle almal se ondersteuning die jaar. Die was onvergeetlik. Hoop ek loop julle erens op n troue raak.Voorspoedige 2009!!!

Oor en uit.

Die Kaap en sy weer - 29 Dec 2008

Ek en Iza is vroegmiddag deur die PAarl tonnel oppad Rawesonville toe. Half bekommerd dat ons gaan doodgaan van die hitte, het ons ons heeltemal misgis met die weer. Nie eers amper het dit deur my gedagtes gegaan dat dit dalk kan reen nie. Op die einde moes die arme gaste omtrent bontstaan met my wat n groepsfoto wou neem en die reen wat ons bly terg.

Chris en Monique het by die moedegemeente in RAwsonville getrou en hulle onthaal was op die "Du Preez" landgoed. Hulle het die mooiste tent buiteop die gras gehad en dit was omtrent idilies.
Hulle troue was ook eers 17:30 so ons moes wikkel met hulle fotos. Met die dat die son agter die berg gesak het, was die lig baie egalig en gelyk. Die twee was so gemaklik voor die kamera so my werk was baie maklik gewees. Die twee gee tans onderwys in London en ek dink dit was vir hulle baie lekker om tussen op Afrika gronde se wynlande te trou. Sien hulle fotos hier

Dit was ook ons laaste troue van die jaar en dit was n absolute verrassing om vir Dennis en Recia raak te loop. Hulle was my eerste troue van 2008 en die beste van alles is dat hulle n seuntjie verwag. Dennis dink daar is dalk magic in my kamera. (Ek hoop so...)

Al daai Jazz - 15 Dec 2008

Ek en Iza was heel op tyd om vir Anelle af te neem. Toe ons by die hotel/lodge aankom waar sy aantrek stuur hulle ons eers in n verkeerde rigting.Na ons omtrent 20 minute gesoek het, kom ek uiteindelik agter daar trek SES bruide aan op die perseel. UITEINDELIK!! stuur hulle my in die regte rigting.
By Anelle aangekom is sy die rustigheid en fun vanself. So rustig soos n mielieblaar.

Sy en Marius het by LA Brassiere onder die bome getrou. Hulle onthaal was ook daar. Marius het sy gewrig seergemaak en moes toe met n handstut trou. Hom definitief nie later met fototyd gepla nie. Met hulle couplefotos moes ek omtrent vir hulle aandag veg. Hulle het seker 10 000 inside jokes gehad en ek dink nie hulle het eers geweet van my nie. Dis natuurlik n fotograaf se droom.
Ek was weer op die dak van gebou om die groot groepsfoto te neem. Dis darem altyd n wenner.
Anelle se pa was ook deel van die Jazz band by die onthaal. Nie lank nie toe sluit Anelle op die stage aan by hulle en slaan sy omtrent almal se asem weg met haar stem.
Die troue was ons 4de een vir die "combo naweek". Ek het gedink ons gaan baie moeg en uitgeput wees, maar ons was gerevitelise. Nie deur red bulle nie, maar deur een flippen lekker troue!

Sien hulle fotos.

Saterdag die 13de...

13 December... populerste Saterdag in die jaar. Ek het seker letterlik 30 bruide weggewys vir hierdie datum. Kelly en Michael het my omtrent 14 maande vooruit geboek.

Die dag het lekker rustig begin. Erens met die inpak sit ek toe mos my foon op my kar se dak en toe ek in Durbanweg opry oppad troue toe, verspry ek my foon oor Durbanville se strate...

Met my bankkaarte wat in die week gestop is het die dag nie goed begin nie.

Gelukkig was Southill en Aleit en sy span gereed vir aksie. Diè was voorwaar en van die mooiste troues wat ek in n lang tyd gesien het. Alhoewel die couple bietjie op hulle senuwees was, het hulle geleidelik begin ontspan en die dag begin geniet. Ek dink hulle fotosessie het bygedra om hulle bietjie rustig te kry en net die dag te begin inneem soos wat dit gebeur.

Loer gerus na hulle fotos by Southill in Elgin

Jetsetters! - 12 Dec 2008

Lene en Gerhard is nog Jetsetter couple wie romanse geblom het oor die 3 kontinente. Suid Afrika, Engeland en Taiwan. Ek wonder of hulle in3 tale gevry het ook?

Hulle troue was op Nooitgedaght net buite Stellenbosch.
Nooitgedacht het die mooiste chappel met teskture en kleure wat mens altyd voor hoop. Ek wens ek kon meer fotos daar gekry het.

Ons het hulle fotos op die plaas gedoen by Nooitgedaght en moes onder andere mooi luister vir treine wat kort kort verbykom. Die twee was soveel fun hulle fotosessie het verby gevlieg.

Nooitgedacht is vinnig besig om een van my gunsteling venues te word!

Hulle fotos is hier

The boy and Girl next door - 11 Dec 2008

Ek en Iza het weer saamgespan vir Greame en Charle se troue. Tweede keer in twee weke wat ons weer by Rickety Bridge in Franchhoek is, het ons die keer DERUGEJAAG van Durbanville af. Blybaar was die bruidskar op n stadium op 190kmph. Ek en Iza het probeer byhou maar het vinnig opgegee.

Hulle diens was buite op die gras onder n reuse skaduboom. Dit het die beligting darem maklik gemaak. Ons het die mooiste berge as agtergrond gehad en dit was rerig n stunning troue.

Greame en Charle was vriende van baie klein af. Altwee het kom medies swotin die Kaap en dis hier waar die romanse begin het. Die lekkerste van die fotos was dat hulle na 7 jaar nog steeds so verlief is.Dit maak my fotos baie maklik!

10 Glase coke - 6 Dec 2008

Mark en Angelique het omtrent in n storm ingestap. Hulle het Woensdag geland uit London uit. Onder andere is hulle Domniee beroof 2 dae voor die troue.Omdat ek hulle dus nie kon ontmoet voor die tyd nie, was ek nogals op my senuwees oor hoe die dag gaan uitwerk. Op die einde het als toe baie goed verloop en het ons darem genoeg tyd vir die fotos gehad.

Saterdag was geweldig warm en toe ek by die onthaal gekom het, het ek omtrent 10 glase coke gedrink die aand.Ekt natuurlik n Sugar rush gehad wat my tot vroegoggend wakker gehou het. Note to self: Drink water volgende keer!

Sien hulle fotos hier

Monday, December 29, 2008

Musiek in die wind - 5 Dec 2008

Serani en Barry het getrou op Eureka Vrydag die 5de Des. Die twee het in hulle kerk se band ontmoet en ek dink hulle kindertjies gaan eendag baie talent hê!

Iza het haar make-up gedoen sy het n stunning bruid gemaak. Hulle diens was in Durbanville en ons moes weer bontstaan om hulle fotos te neem in die wind. Ons moes omtrent vashou om nie weggewaai te word nie. Ek dink die Bridesmaids het omtrent soos 3 Marylin Monroe's gevoel.
Ons het hulle fotos bo teen die berg by Eureka gaan doen. Na die tyd het iemand vir my gesê die wind word daar gemaak.

By die onthaal het ek en Iza bietjie met n "snoot" begin speel vir die dans fotos. n Snoot is iets wat die lig van jou flash kondenseer in een dun straal. Ek is baie opgewonde om dit meer en meer te gebruik. Dit was die eeste van sewe troues vir Desember en "so far so good"!

Saturday, December 6, 2008

Reën, Reën, Reën - 29 Nov 2008


Laura en Steven het die naweek by Stellenrust net buite Stelelnbosch getrou. Die Reën het ons omtrent oorhoops gehad en ons hetStellenbosh vol gejaag opsoek na skuiling teen die reen en wind. Met die KAap weet mens ook nooit!
ONs het toe by die stasie meeste van die fotos gedoen. Vandaar af is ons Stellenbosch Square toe waar die rooi bakstene n baie urban feel gegee het.
Die twee se honeymoon is in Australië en ek moet se eks BAIE jaloers. Loer na hukke fotos by

Friday, December 5, 2008

Drie susters...

3 susters....3 susters op 3 susters....
Daar is mos so liedjie gesing deur Pieter Koen. Casper de Vries en sy trawante hardloop rond soos mal goed.
Drie susters het in een jaar getrou waarvan Danelle die 3de ene was. Ek het ook haar jonger sussie(Lelanie) se fotos gedoen. Wat sulke troues lekker maak is dat ek omtrent30% van die gaste al ontmoet het. Ek ken hulle gesin ook nou al goed en dit voel asof mense vriende se fotos doen.
Danelle en Xander het in Durbanville getrou en die onthaal was by Eureka. Ons het so baie wind met die couple shoot gehad dat ek nie kon durf om die sambrele uit te haal nie.Anders moes ekvir Iza in Blouberg tussen die kitesurfers gaan soek.
Die onthaal was great en ek het my goeie vriend Theo (DJ) weer raakgeloop. As daai mannetjie musiek maak kry jy my nie weg by n troue nie.
Loer gerus na hulle fotos hier

Mind the Gap (19 November 2008)

Woensdag was my rekord vir my kleinste troue nog. 5 mense... en dit sluit die couple in...
Debrah en Justin is van die Britse eilande en hulle het besluit om sommer hulle troue en wittebrood alles in een te doen. Alles het gebeur by Cellar Hohenort in Constantia. Die diens was in die tuin met n pou wat daar rondgepronk het. (min wetend dat hy ook later moet model speel)
Ons het die foto's sommer op die gronde gedoen en dit was baie lekker om tyd vir n slag te he. Die gaste(al drie van hulle) het ons vergesel en is toe later weg om n paar koues te gaan nuttig.
Debrah is regte engelse roos en sy het pragtig gelyk. Sy is in RSA gebore en dus ook die rede hoekom hulle op SA besluit het. Jy kan nooit Afrika uit iemand haal nie. Met die dominee wat n paar snaakse goed aangevang het, (wat onder andere die bruidegegom n rou eier laat drink het.... gin wonder toeristedink ons Afrikane is vreemd nie )en die afrika son wat hulle bietjie bygekom het voor die troue dink ek nie hulle sal hulle tyd hier gou vergeet nie.
Hulle is die oulikste mense en dit was n reuse voorreg om deel te kon wees van hulle troue.

Loer gerus na hulle fotos

Monday, November 24, 2008

Luilekker troue

Ons het Sondag 9 Nov Hanno en Lana se troue by Skilpadvllei gevier. Wat dit rerig spesiaal gemaak het is dit haar ouers en my ouers baie goeie vriende was van jonk af en was dit ook lekker vir my en Iza om saam met my ouers aan n tafel te kon sit. Dit was rerig n lekker kuier troue.
Hanno en Lana was baie verlief en ek dink almal was jaloers op die spesiale band wat die twee het. Hulle fotos het dit ook duidelik weerspiel.Stellenbosh was weer sy ou fotogeniese self en ons het ook die mooiste wingerdfotos gekry. Ek mos op my kar se dak staan om die perfekte shots te kry. (ek dink ek moet maar n roof rack aanskaf...)

Click hier vir hulle fotos

Die sewe jaar couple

Chantal en Stefan het omtrent 7 jaar uitgegaan voor hulle getrou het by Mooikelder net buite die Paarl.Wat my die meeste opgeval het was hoe ongelooflik verlief die 2 was. Hulle kon mekaar letterlik nie uitlos nie.Ek kan sien dat die twee op 90 eendag nog steeds gaan hande vashou en liefdevol wees.

Ons het absolute stunning weer gehad met so klein briesie wat ons darem koel gehou het. Die diens was buit in die tuin.Ons het fotos sommer net daar op die venue gedoen. Die hoogtepunt is sulke klomp kratte wat eenkant gestaan het. Mooiste teskture het saam met die beligting n pragtige backdrop gevorm.

Ons is daarna die onthaal binne na ons lekker geeet het en al die formaliteite afgehandel het, het die mense behoorlik begin dans.Jan Dorfling het my vandag gehelp en sommer self n paar foto`s ingekry.
Click hier om hulle fotos te loer.

Die Burger Bruid

Julle het seker almal van die bruid gelees in die burger wie se trourok net voor die troue gesteel is. Haar naam is Lisa en sy en Danie het Saterdag 1 November net buite Stellenbosch op hulle plaas getrou. Dit was miskien nie die rok wat sy beplan het nie, maar.... Sy het ongelooflik gelyk.

Ek het die vrydag kans gekry om gou na die venue te gaan loer en hulle het gewoel en gewerskaf dat die biesies bewe.
Die troue het laatmiddag begin en met van die gaste wat laat was, was alles laat. Dit het beteken dat ons op die ou einde net 25 min gehad het vir couple fotos. Nogals frustrerend omdat ons die ongelooflikste setting en lig gehad het. Met die son in die agtergrond en wolke wat kontras gegee het, het die bietjie foto's wat ons wel kon neem awesome uitgekom. EK dink die tip hieruit is:"maak liewers jou troue vroer as later"

By die onthaal het hulle die mooiste atmosfeer geskep deur konsol bottles (soos in ingelegde PErske bottels) met water halfpad te vul en n kersie daarop te laat dryf. Die het hulle dan gehang uit die dak uit met lang stukke draad. Nog n hoogtepunt is dit Addamsappel (n akkapella groep waarvan Danie n lid is) opgetree het by die troue. Sjoe daai ouens kan sing!
Toe ons weg is het hulle roomys vir die gaste opgeskep as nagereg vanaf n properse roomysstalletjie op die dansvloer.

Click hier vir hulle fotos







Click hier om hulle fotos te sien

Tzaneen se woude

2000km noord van Kaapstad is waar ek en IZa Saterdag 25 Oktober was vir Daniel en Esti-mari hulle se troue.Met die klimaat en plantegroei wat ongelooflik verskil het van die Wes-Kaap was die fotos omtrent n ondervinding in half gewees. Hulle het getrou op Esti-Mari se ouers se gronde en dit was baie spesiaal.
Ons het hulle foto's in n woud gedoen wat die mooiste kleure en teksture gehad het. Met die son wat vinnig sak in die Noorde van SA moes ons gou speel om nog die laaste lig te vang.
Die onthaal was hoog in die berge by Mosiac. Die atmosfeer was ongelooflik en die kos heerlik. Loer gerus na hulle foto's by


Friday, November 7, 2008

Roadtrip



Ons was weg vir 2 weke. n troue in Tzaneen gehad en sommer n behoorlike roadtrip daarvan gemaak. Die lekker ding was dat behalwe dat ons baie gerus het, baie geeet en baie friends gekyk het, het ons ook tyd geky om bietjie social foto's te neem. As julle wil loer na hulle click hier.

Toe ons terugvlieg sê ek vir Iza dit voel nie asof ons behoorlik gerus het nie. Maar as jy weer aan die gang kom in die Kaap dan voel jy die verskil in jou lyf. Dit was rerig great gewees.

My trouseisoen is weer in volle swang en 2 troues later woel ons om voor te bly. Met al my nuwe speelgoed is ek geleidelik besig om die stuff onder die knie te kry en is ek baie excited oor die volgende paar weke se troues.

As jy dus n gas is by een van die troues, kom se gerus hallo

Oor en uit!

Riekert