Saturday, September 20, 2008

Websites


Yip, My blog en group was bietjie stil gewees afgelope tyd. Rede was omdat ek bietjie op "vakansie" was met fotos. Ek het n volle 5 weke afgehad. Dit was hemels. Goed om bietjie weer die batterye te recharge.Ek het nou weer 5 troues in n ry, so die break was rerig great gewees.


Mense vra my gereeld oor hoe hulle, hulle fotografie kan verbeter.

Ek het 2 groot tips.
1. Lees, luister en kyk na soveel info wat jy kan kry.
2. Vliegure. Spandeer soveel tyd as moontlik op jou kamera.

Ek gaan bietjie vandag gesels oor punt 1.

Die Internet het absoluut fotografie kom oopbreek. Dis n praktiese voorbeeld van Globalisation.Jy kan gebook word deur mense wat in Kanada sit. Jy kan ook leer van iemand wat in Hong Kong sit. Daar was nog nooit in die geskiedenis n beter tyd om fotografie te doen nie as nou nie. Ek wil graag vir julle van n paar websites vertel wat julle dalk sal inspireer en laat groei

1. YouTube.com
Tik gerus "photography" of iets soortgelyks. Daar is letterlik duisende videos oor fotografie. Loer gerus na die link oor off camera flash met speedlights.
http://www.youtube.com/watch?v=bUOfBY05_K8

2. Kenrockwell.com
Een van die eerste websites waareen ek gewoonlik gaan wanneer ek wil oplees. Die ou is baie reguit en gee gewoonlik baie akkurate reviews. Hy het baie interesante artikels oor fotografie self ook.

3.Steves-digicams.com
Die is meer n website vir produkte. As jy n nuwe kamera soek is die gewoonlik die plek om te begin.


4. Podcasts
Dit is gewoonlik artikels in Audio formaat. n Fotograaf sal n praatjie he oor bv shutterspeed en dit dan opneem. Jy kan dit aflaai en either op jou Ipod speel of luister op enige ander MP3 speler.Een voorbeeld is http://www.thedigitalstory.com/podcast. Jy kan gratis Mp3's daar aflaai.

5.Pix.co.za
n RSA tydskryf wat elke 2 maande uitkom. Gaan soek dit in CNA as jy kans kry. Ek hou al myne. Die artikels bly relevant en leersaam.

6.bhphotovideo.com
Alhoewel ek daarin glo om eerder RSA produkte te koop, voel ek nog steeds ingedoen deur ons "groot" labels in RSA. Ek kan nou nog nie glo dat ons in die fotografie winkel in RSA soveel meer moet betaal as iemand in London, New York of Sydney. Daarom koop ek eerder my produkte op die internet. Mens moet versigtig wees en besef dis n effort as iets breek. Ek soek eerste by BhPhotovideo in die VSA. Speel gerus bietjie op hulle site rond.

Ek hoop jy kon darem iets wys word. Speel bietjie op my blog/site rond as jy n kans kry. http://www.rcphoto.za.net/
As jy lus is, join gerus my facebook group
Groete!
Riekert

Make-up, Hare, Wyn, Fotos...

"Dit voel weird om die kant te wees" was Ellma se eerste woorde toe ek instap.

Haarkapper en grimeer kunstenaar, Ellma en Wynmaker Rehan het getrou in die Paarl.
Wat veronderstel was om n "wintertroue" te wees, uit uitgedraai op n tipiese somersdag.

Ek en Ellma het al n paar keer saam gewerk en ek was nogals gevlei toe sy my vra om hulle fotos te doen. Sy doen ook gereeld troues en ken die bedryf goed.

Sy het gese dit was baie anders om op die stoel te sit as om te staan en n diens te verskaf. Dit was rerig n stunning troue en dis altyd lekker om troues te doenwaar jy weet die paartjie is bedoel vir mekaar. Dit maak die fotos net soveel makliker.
Ons het voor die Paarl se stadsaal begin met hulle couple fotos. Ek wou so n bietjie outydse "razzle dazzle" feel in die fotos insit en die pilare het rerig goed gewerk.Van daar is ons na Picardi toe en opgegaan in die berg en n paar fotos gaan neem. Hulle was baie gemaklik en overall was ek baie gelukkig met hoe die fotos uitgekom het.
Die troue self was n groot sukses en ek dink hulle het tot Laaaaat gekuier.
Gaan loer gerus na paar van hulle fotos.

Tuesday, August 26, 2008

Scott Kelby’s Worldwide Photo Walk: Kaapstad

So staan ek toe mos 6:30 op vanoggend. Een van die min Saterdae wat ek actually af is, en toe gaan neem ek wragtig foto’s.

Scott Kelbly het sopas sy "Lightroom 2 Book" gelaunch en saam met dit was ons 7000+ fotograwe in 250 stede wat vandag (Saterdag, 23 Aug) saam gestap en foto’s gaan neem het.
‘n Twee uur fotostaptoer wat opgeëindig het met ‘n koffie by Caramello’s in Kloofstraat, Kaapstad.

Ons het so 8:00 in die Bo-Kaap begin. Terwyl Ruan (ons stapleier) die "brief" gegee het, het ek in ‘n hoekkafee vir my ontbyt gesoek. Ek dink ek sou enige oomblik uitpass van die honger. My opsies was samoesas en.... samoesas. Het die mense nog nie van muffins gehoor nie?

Toe ons in die pad val (50 van ons en ek met ‘n groen piesang) was die huise, mense en duiwe skoon nervous met al die lense. Van die duiwe het actually sonbrille opgesit soos die paparazzi hulle afgeneem het.

Ek was bietjie nervous aan die begin met al die "kompetisie" om my, maar het gou besef dat hierdie is net ‘n dag saam met vriende wat passievol oor dieselfde goed as ek is. Dit maak nie saak of ons foto’s ook dieselfde lyk nie. Dit gaan oor die saamkuieren leer by mekaar. Dit was rêrig flippen lekker.
As julle bietjie meer wil uitvind oor wat almal aangevang het gaan na:
Om na van my foto’s te kyk, kliek hier.
Om die res van die ouens se fotos te sien kliek hier.

Streetshooting in Stellenbosch se strate

Wat ‘n amazing dag het ons nie gehad nie. Iza is 4:30 vanoggend uit die huis uit om met Mariaan se make-up en hare te begin.
Ek het so 6:30 gery. Stellenbosch het nog geslaap toe is ons al aan die gang. Mariaan dra nooit make-up nie en Iza moes bontstaan om haar "foto-gereed" te kry.
Soos julle in die fotos sal sien het sy absoluut stunning gelyk en Tyrone self ook nie te sleg nie :-)


Omdat dit ‘n oggendtroue was het ons besluit om die foto’s voor die tyd te neem. Die voordele is:
• Die strate is nog lekker stil
• Die natuurlike lig is great
• Langer kuiertyd saam met die gaste

Ek dreig al lankal om ‘n properse "Street shooting"sessie te doen en dié was die ideale geleentheid. Die twee was net so baie sports en ons het rêrig baie mooi foto’s geky.

Na die diens in die Moedergemeente is ons Lanzarac toe vir die onthaal. Lekker ding is dat ek klomp van die gaste geken het (ek en Tyrone is altwee kranige touch rugby-spelers...ok, Tyrone bietjie meer as ek). Ek kon dus lekker met die gaste interact wat die groepfoto’s baie lekker gemaak het.
Ons het lekker gekuier die res van die oggend en ek en Iza was te dankbaar om die aand (18 ure later) in die bed te val met smiles op gesigte en die wete dat ons vandag deel was van iets amazing.
Loer gerus na die foto’s.

Thursday, July 31, 2008

Die Pienkprinses wat nooit van pienk gehou het nie

Anne en Simon het langs ‘n meer by Elgin Country Club getrou. So nat soos dit verlede week was, so perfek was die weer dié week.

As jy Anne ontmoet het sou jy nooit gesê het dat sy van pienk hou nie, maar toe sy in die isle afstap was dit net perfek.Die meer was so rustig en dit het die pas aangegee vir die res van die troue.

Na die diens het ons foto’s langs en op ‘n spoor geneem. Ons beligting was uitstekend met die laatmiddagson en ons het afgeëindig met ‘n visstok in Simon se hand (een van sy groot passies).Die agtergrond vir die groepfoto’s was stunning met die water wat alles weerkaats het en die berg wat diepte gegee het.

Hierdie was een van daai sosiale troues waar die mense sommer vinnig-vinnig gemingle het en lekker saamgekuier het.


Iza (my assistent) het die stunning foto geneem taamlik laat die aand op die dansbaan. Click op die link om meer van hulle fotos te sien.

Willem en Maja - 5 Julie 2008, Houw Hoek inn


Die winter is met mening terug, nê! Ons het net gedink die dae word nou weer langer toe steek die koue behoorlik sy kop uit.

Vyfde Julie , Houw Hoek Inn, 20km anderkant Grabouw was die venue vir Maja en Willem se troue.

Na ek eers bietjie in die verkeer vasgesit het op die N2 (dankie vir daai "geniuses" wat verantwoordelik is vir die verkeersligprogrammering van Somerset-Wes) het ek darem betyds en druipnat by Maja gearriveer. Daar gekom, sien ek my sambreel lê by die huis en moes ek doen met ‘n "girlie" sambreel. NICE.

Iza kon my ook nie help dié keer nie. Sy het gewerk en ek moes toe self al my toerusting rondkarwei en ligte opstel (weereens die waarde van n clever helper besef).

Ek en Maja het toe die koue en reën trotseer en in so stegie ‘n paar nice foto’s gekry. Eventually is ons na die chapel toe met die reën wat net meer en meer raak.
Die diens was stunning en toe ons buite kom het dit oopgetrek en kon ons die kleurvolle agtergrond ook inkry in die foto’s. Willem en Maja was naturals en ek kon ‘n paar oomblikke vasvang waar hulle die dag ervaar presies soos wat dit was.
Hulle het n rustic feel aan hulle troue gehad en die dag was regtig ‘n verlenging van hulle persoonlikhede. Dit was spesiaal om dit te kon deel en julle kan gerus na hulle foto’s loer.

Interessant is dat Houw Hoek Inn die oudste werkende hotel in die land is. Erens in die 1700's begin. Ek sweer ek het ‘n oom ook daar gesien wat uit die 1700's uit kom.
Ek het ook weer vir Theo (die beste DJ in die Wes-Kaap) raakgeloop. Hy het sommer vroeg-vroeg die dansbaan volgemaak.

Wednesday, June 25, 2008

PIERRE EN ANLI - 7 Junie 2008


Drie weke na die troue is ek darem ook toe klaar met die foto's.

Hierdie was omtrent 'n "nuwe" troue. Ek het 'n nuwe kamera (Nikon D300), nuwe beligting (2 sambrele, pocket wizzards en 'n beauty dish)en ook nuwe editing sagteware(lightroom) probeer. Soos enigiets in die lewe beteken "nuut" eintlik "leer".

Ek moes lightroom van die begin af leer. Ek het dit maar gesien as 'n leerskool en seker omtrent 3 keer langer gevat as gewoonlik. Gelukkig het ek 3 weke af met troues. So dit het op die perfekte tyd gekom.

Wat aanvanklik stadig begin het, het al hoe vinniger geraak soos wat ek aangegaan het. Lightroom het 'n paar stunning nuwe effects wat die foto's NOG meer natuurlik laat lyk.

Die venue Roodezandt in Tulbagh is ook stunning en ons het lekker baie tyd gehad.

Pierre en Anli was groot sports so daar is nie 'n manier dat die fotos kon flop nie ;-)Dit was nogal baie "sattisfying" toe ek die foto's in slideshow-formaat vir Anli-hulle wys, toe loop die trane by foto 2 al!
Ek het maar net weer besef hoe persoonlik foto's is en hoe groot voorreg en verantwoordelikheid dit is om elke keer jou beste werk te doen.
Loer bietjie rond op my site vir Anli en Pierre se foto's.
groete!
Riekert

Photoshop, lightroom of ACDSee



Mense wat meer van fotografie begin leer vra my soms watse sagteware hulle moet koop.


My 1ste raad aan hulle is gewoonlik om te kyk wat is op die cd wat saam met die kamera gekom het. Speel bietjie rond daarmee.As jy nog steeds voel dis nie voldoende nie, kyk dan eers rond.


Photoshop


Die big daddy van Editing-sagteware was nog altyd Adobe Photoshop gewees. Hy was dan gewoonlik ook die duurste. CS2 en CS3 is opgedateerde weergawes hiervan. Twee jaar terug sou ek vir jou gesê het: "Koop Photoshop en jy gaan nooit terugkyk nie". Dit bly 'n amazing program maar daar is ander opsies ook.


ACDSee


Wat in 1997 begin het as 'n thumbnail viewer het intussen uitgebrei tot 'n taamlik volledige Editing-program. As jy nie sooo rekenaargeletterd is nie sou ek verseker dié voorstel.


Picassa


Google het Picassa uitgebring in 2004 as 'n gratis program. Meer limited as ACDSEE maar die voordeel is: dis gratis.


Lightroom


In 2006 bring Adobe 'n nuwe program uit genaamd Lightroom. Dis gemik op professionele fotograwe wat met foto's werk en nie noodwendig dankiesê-kaartjies wil maak nie. Deur fotograwe vir fotograwe. Die tweede weergawe (beta version) kan nou verniet afgelaai word vir 30 dae se gebruik.


Die res


Daar is 'n legio ander programme wat ek ongelukkig glad nie ken nie en dus ook nie 'n uitspraak oor kan lewer nie. My ondervinding is maar met die boonste 4.




Gevolgtrekking


As jy geld wil spandeer en rekenaarkennis het gaan vir Lightroom. Ek dink dis die toekoms van Photo editing, dis waarheen dit beweeg. Daar is 'n paar tekorkominge, maar wanneer hulle die finale weergawe loslaat gaan dit amazing wees. Soos alles in die lewe moet jy mooi gaan dink wat jy wil doen met die produk en daarvolgens jou keuse maak.

Admin Admin Admin


Sjoe, wat 'n jaar..


Dit was omtrent woelig dié jaar. En dit was julle klomp wat my so besig gehou het. Dankie vir elkeen van julle se aandeel daarin dat ek my passie kon uitleef. Sonder julle sou ek Saterdae my tv-kas afgeneem het.


Winter is ons troufotograwe se herlaaityd. Trouseisoen het sopas geëindig en begin weer ampertjies een van die dae. Ek is nou druk besig om al my admin agtermekaar te kry vir die volgende seisoen. Net graag 'n paar goedjies:


1. Albums

Ek weet dit was die een ding wat amper almal sê hulle nie regtigwaar in Suid-Afrika kan kry nie. Ek het toe bietjie gaan soek en uiteindelik iets gekry waarmee ek rêrig gelukkig is.Loer asseblief na die webblad en laat weet maar as julle belangstel: . http://www.rcphoto.za.net/albums.asp

2. Facebook

Jip, ek het ook geswig en 'n facebook-groep begin. Dit sal cool wees as julle kan join as julle op facebook is. Soek maar net vir “Riekert Cloete Photography”.


3. Website

My website is ook UITEINDELIK opgedateer. Gaan loer gerus bietjie as julle n kans kry. http://www.rcphoto.za.net/


4. Ander fotografie

Ek is geleidelik besig om my besigheid bietjie uit te brei om verskillende tipe fotografie ook toe doen. So as julle weet van mense wat ander tipe werk soek, stuur gerus aan.

Ek hoop die winter is darem nie te koud nie en hoop ons loop mekaar weer raak op 'n troue êrens!

Weereens baie dankie vir al die verwysings.
Groete

Riekert

Monday, June 9, 2008

Terug in die regte wêreld...


Die naweek in Tulbach was rerig fantasties gewees. Ek het Pierre en Anli se troue gedoen.

Wat dit so lekker gemaak het is die feit dat ek so baie mense geken het. Ek was ook die sidekick (Bridesmaid) se sidekick (date).


Van die sneeu het toe niks gekom nie. Dit was wel lekker chili in die aand. n Regte wintertroue. Anli was baie braaf met die fotosessie. Ons het die mooiste setting gehad vir die fotos en ek het ook die 1ste keer bietjie my nuwe sambrele en nuwe D300 uit probeer.


Die verdict: SUKSES


Ek het net vreeslik rongehardloop om batterye te ruil want my een flash word geaktiveer met die ander flash. So elke keer as iemand n foto neem dan gaan my flash af. Ek dink die gaste sal baie in hulle skik wees met die goeie beligting op hulle fotos . :)


Ek sal julle op hoogte hou oor hoe die fotos toe uitgekom het.


groete!

Riekert

Friday, June 6, 2008

Begin by die Begin



Met die dat die trou seisoen ook nou tot n einde gekom het, het ek besluit dat ek n biejie meer van die internet moet gebruik vir my fotografie. Dit is immers n besigheid...

Nou gaan ek n poging tot blogging aanwend ook. Hopelik vind jy dit interesant.

More het ek n troue in Tulbach. Ek het gehoor dit gaan dalk sneeu. EK KAN NIE WAG NIE!
Imagine troufotos in die sneeu... wow...
Sal julle op hoogte hou.

Groete uit n koue rekenaarkamer laat op n vrydagaand
Riekert