Kyle en Wendy is seker van die oulikste couples wat ek nog ooit ontmoet het. Van oomblik een af het ons dadelik geclick en alhoewel dit ons 2de troue vir die dag was, het dit glad nie soos werk gevoel nie. Die aand het verby gevlieg.Sy het aangetrek in Houtbaai by die mooiste cottage. Altyd lekker om spasie vir die foto's te hê.
Die diens en onthaal was by Groot Constantia. Dit was my eerste troue daar en hopelik nie my laaste nie. Interesante trivia is dat my oer oer oer oupa grootjie eens op tyd Groot Constantia besit het. Simon van Der Stel het dit blykbaar aan hom verkoop.
Hulle foto's was baie fun en ons het meer as genoeg tyd gehad.
Sien hulle fotos hier.



