
Iza het haar make-up gedoen sy het n stunning bruid gemaak. Hulle diens was in Durbanville en ons moes weer bontstaan om hulle fotos te neem in die wind. Ons moes omtrent vashou om nie weggewaai te word nie. Ek dink die Bridesmaids het omtrent soos 3 Marylin Monroe's gevoel.
Ons het hulle fotos bo teen die berg by Eureka gaan doen. Na die tyd het iemand vir my gesê die wind word daar gemaak.
By die onthaal het ek en Iza bietjie met n "snoot" begin speel vir die dans fotos. n Snoot is iets wat die lig van jou flash kondenseer in een dun straal. Ek is baie opgewonde om dit meer en meer te gebruik. Dit was die eeste van sewe troues vir Desember en "so far so good"!